
(Hierdie is ʼn uittreksel van ʼn groter gesprek oor ook ander sake)
Udo,
Christene voer aan dat die Jode ‘n koning verwag het wat hulle sou kom bevry het van die Romeinse onderdrukking van die tyd, maar dat Jesus nederig was, geweld afgesweer het (draai die ander wang, wees onderdanig aan die owerhede, ens), liefde (nie oorlog) kom verkondig het nie en laastens, dat Jesus sonder teensetting deur die Romeine gevang en tereggestel was.
Ek dink egter dat Jesus presies opgetree het soos wat daar van ‘n Messias verwag sou word. Daar het op daardie stadium reeds ‘n mitiese pro-forma bestaan van wat ‘n Messias moes wees. So sou dit baie maklik wees om byvoorbeeld die maagdelike geboorte later by te geskryf het… Dit was tog wat van ‘n Goddelike persoon verwag was. Die Markus-verwys byvoorbeeld glad nie na die geboorte van Jesus nie.
Winkelsmidt
Winkelsmidt,
Die beste manier om te bepaal wie die Messias was wat die Jode verwag het, is natuurlik om na die Joodse literatuur sélf te kyk. Die historiese getuienis oor die Messias-verwagting in Judaïstiese tradisies is eenvoudig ligjare verwyder van doelbewuste ontlening uit die Paganistiese mites waaruit jy dink die skrywers van die Evangelies ontleen het. Een van die punte in hierdie skrywe was dat die ooreenkomste tussen Jesus en die mitiese gode geforseerd en oordrewe is en dat daar dus nie van ontlening sprake is nie. Die tweede punt om hier te maak is dat die eienskappe van ‘n Joodse Messias nie vergelyk kan word met dié van mitiese gode nie. In die tyd wat Jesus geleef het was daar beslis ‘n spesifieke Joodse verwagting van die Messias (die idee dat Jesus die verwagte Messias was, het nie uit die lug geval nie), maar daar is eenvoudig geen historiese sprake van ‘n mitiese pro-forma nie. As dit jou oortuiging is het jy duidelik ingekoop by ‘n rand-siening wat histories onverdedigbaar is.
Jesus het vir baie van die Jode van sy tyd in vele opsigte nie aan die Joodse pro-forma vir ‘n Messias voldoen het nie (sien hierdie kort artikel). Die rede is eenvoudig omdat die Joodse siening nie heeltemal eenvormig was nie; daar is in die Joodse geskiedenis ‘n ontwikkeling in sienings oor die Messias en daarom ook verskeie interpretasies (maar nie heeltemal vreemd aan elemente binne die Joodse geloof nie). Die volgende aanhaling stel dit goed:
“What I intend to do in this piece is to demonstrate–from the Jewish non-Christian sources–that not only was there a messianic expectation, but that it varied from group to group. That is, that some considered the Messiah to be a purely natural in-history political leader (albeit more powerful than the Romans), some considered the Messiah to be super-natural/super-angelic, some considered him to be an after-history universal King/Son of God, etc.–and some did not expect one at all.”
Hier is paar artikels wat jy kan naslaan oor die Joodse Messias:
- Messianic Expectations in 1st Century Judaism (bg. aanhaling hieruit geneem)
- What sort of saviour or messiah was Israel expecting according to diverse Old Testament traditions?
- The Centrality of the Messianic Idea for the Old Testament
- What Messiah did the Jews expect?
- Did Jesus Believe He Was the Messiah?
- Messiah
- The Messiah of Judaism (Vanuit ‘n Joodse perspektief)
- The Jewish Messiah: A Historical Perspective (Vanuit ‘n Joodse perspektief)
Hier is boeklengte besprekings oor die Joodse Messias:
- J. A. Fitzmyer, The One Who is to Come
- C. J. H. Wright, Knowing Jesus through the Old Testament
- N. T. Wright, The New Testament and the People of God
Hier is twee artikels wat kyk na Jesus se maagdelike geboorte en van die sake wat jy noem:
Groete
Udo
Leave a Reply