Jesus as Seun van God is absurd

(Hierdie is ʼn uittreksel van ʼn groter gesprek oor ook ander sake)

Udo

Jesus self gee erkenning dat God een God is (en Hy verwys nie na Homself nie) vir wie die mens met sy hele hart, sy hele siel, sy hele verstand en met al sy krag moet liefhê. Daar is dus geen verwysing na dien of aanbid (ek beskou “aanbid” anders as bid tot, of kommunikeer met) of eer of onderdanig aan moet wees nie. Dit was ‘n drastiese verandering in die gevestigde Godsbeskouing van daardie tyd (wat tot vandag toe nog nie mooi deurgedring het tot meeste Christene nie). 

Ek vind die idee dat Jesus die Seun van God was effe absurd en ‘n bevestiging van ‘n ander beskouing wat ek het van die Semitiese godsdienste, naamlik ‘n vermensliking van God. Was Jesus God in menslike vorm? Jesus erken nooit dat Hy God self was nie, inteendeel Hy het Homself op verskeie geleenthede gedistansieer van God en “verkoop” Homself as “bemiddelaar” en regterhand van God eerder as God self. Om die waarheid te sê was dit juis Jesus se wegbreking van die konsep van ‘n monoteïstiese God wat aanleiding gegee het tot die Joodse priesters se aandrang dat Hy moes sterf (dit is ‘n strafbare oortreding i.t.v die Joodse tradisie) en later ontaard het in al die kontroversie wat uiteindelik gedebatteer en geformuleer moes word by Nicaea, nie waar nie?

Winkelsmidt

Hallo Winkelsmidt

Ek dink nie jy het al werklik ‘n deeglike ondersoek gedoen na waarom die vroeë kerk (en ek sluit die apostels hierby in) in Jesus se Goddelikheid geglo het nie en wat Jesus werklik alles oor homself gesê het nie. Sy veroordeling deur die Joodse godsdienstige leiers was inderdaad omdat hy hulle konsep van God uitgedaag het, maar dit was nie soseer ‘n wegbreek van ‘n monoteïstiese Joodse verstaan van God nie, maar eerder dat ‘n gewone mens hom aan God gelykgestel het. En ja, dit was weens ‘n wye verskeidenheid faktore in die lewe, woorde en karakter van Jesus wat die vroeë kerk vir eeue laat worstel het. Ek sluit vervolgens ‘n paar verwysings in ter toeligting tot hierdie saak:

Eerstens ‘n paar baie toeganklike artikels:

Dan wil ek jou spesifiek verwys na ‘n klomp artikels van gerespekteerde kundiges in hul veld. Die eerste is ‘n reeks kort artikels deur Ben Witherington:

Hier is twee artikels deur William Lane Craig:

‘n Artikel deur N.T. Wright

‘n Artikel deur Tim Bradshaw:

Laastens, ‘n paar uitstekende boeke oor die Goddelike aansprake van Jesus (veral J. Ed Komoszewski and Rob Bowman se Putting Jesus in His Place is baie leesbaar).

Groete

Udo

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.