Sabbat of Sondag – Repliek

Hallo Willem

Ek reageer graag op jou onderstaande kommentaar na aanleiding van my artikel, Is dit Sabbat of Sondag?

— 1 —
“Die eerste Christene (Christus-volgelinge) het op ‘n Sondag, die eerste dag van die Joodse week, begin bymekaar kom (Hand 20:7, 1 Kor 16:2)” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

a) Die gebod is nie om bymekaar te kom nie, dis om die dag te heilig (Ex 20:8) deur om nie te werk nie (Ex 20:9-10).

b) In Hand 20:7 is die Joodse manier van dae tell nie middernag to middernag nie, maar sons ondergang tot sons ondergang, so dit lees: En op die eerste dag van die week [Saterdag aand], het Paulus hulle toegespreek, omdyt hy die volgende dag [Sondag oggend] sou vetrek en hy het sy rede gerek tot [Saterdag] middernag toe. – Hand 20:7

c) Die woord “dag” is nie eens in die Grieks nie. Dit lees letterlike, “eerste van sabbat.”

d) (a) en (c) tell vir 1 Kor 16:2.

e) Die rede hoekom hulle die geld moes saam sit op die eerste dag, is omdat dit die dag is wat hulle geld kry, en die les hieruit is dat jy moet eerste vir God jou geld uitsit, voor enige ander dinge.

Inderdaad, die vierde gebod is aan Israel gegee sodat hulle die Sabbatdag vir God kon vier (later meer hieroor). Maar jy het blykbaar my punt gemis. Die feit dat die eerste Christene op ʼn Sondag (of eerste dag van die week, en ja, waarby ʼn Saterdagaand ingesluit sou gewees het) bymekaar gekom het, was nie omdat hulle die Sabbatdag op ʼn Sondag wou vier nie. Ek was tog duidelik dat die eerste Christene se aanbidding op die Sondag NIE in die plek van die Sabbat gekom het nie. Die vroeë Joodse Christene het in die begin steeds die Sabbat gehou, maar ook in die gewoonte gekom om addisioneel op die eerste dag van die week, ná die Sabbat, bymekaar te kom om brood te breek, mekaar te bemoedig, die leer van die apostels aangaande Christus te ontvang en Hom te aanbid. Die vraag is of die Christene onder verpligting was om die Sabbat na te kom (later meer hieroor).

Waarskynlik was die byeenkomste waarna Hand 20:7 en 1 Kor 16:2 verwys, inderdaad spesifieke geleenthede om spesifieke redes en nie toe reeds gereelde tipe byeenkomste nie. En tog was dit saam met gedeeltes soos Joh 20:19,26 vroeë aanduidings van ‘n patroon, ʼn gewoonte wat al hoe meer gevestig sou raak – Christene wat op die eerste dag van die week bymekaar gekom het, m.a.w. Saterdagaande ná die Sabbat hoewel veral ook Sondagoggende, volgens die getuienis van die vroeë kerkvaders (sien die verwysings aan die einde wat hieroor meer uitbrei).


— 2 —
“spesifiek om Jesus se opstanding (Matt 28:1,9,10; Mark 16:9; Luk 24:1,13,15; Joh 20:19,26) te herdenk.” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

Daar is geen so rede gegee nie. Wys my in die Bybel waar daar staan, “ons herdenk Sonday oordat Jesus op daai dag opgestaan het.”

— 3 —
“Om die waarheid te sê het Christene aan die heel begin beide die Sabbat en die Sondag gedenk.  Dit was hoofsaaklik omdat bykans al die eerste Christene Jode was. Aan die begin was die verhouding tussen Jode en Christene goed, maar met die verloop van tyd het hierdie verhouding versleg en al hoe meer nie-Jode tot geloof in Jesus gekom.  Dit het tot gevolg gehad dat Christene begin het om slegs die Sondag te gedenk en die Sabbat het in onbruik verval.” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

Daar is niks hiervan in die Bybel nie.

Dit help nie om maar net simplisties te sê, “Wys my in die Bybel waar daar staan…” of “Daar is niks hiervan in die Bybel nie”. Jy praat graag van ‘konteks’, maar dis duidelik dat jy die ganse historiese agtergrond ignoreer wat ʼn rol gespeel het in hoe die vroeë Christene gedink en opgetree het.

Die Nuwe Testamentiese verwysings wat ek gegee het, dien as die motivering vir waarom die vroeë Christene op die eerste dag van die week begin bymekaar kom het. Die feit dat hulle op die eerste dag van die week bymekaar begin kom het en dat dit spesifiek die Sondag ingesluit het, en die rede daarvoor, word veral uit die skrywes van die vroeë kerkvaders bevestig (weereens, sien die verwysings hierna aan die einde).

Hier is weereens die punt wat jy mis. Daar was geen opdrag van die apostels of Jesus self om die opstandig te herdenk nie, maar dit was wat die vroeë Christene gedoen het omdat veral Jesus se opstanding en Sy verskyning aan hulle so ʼn kern-element uitgemaak het van hul aanbidding en geloof in Jesus. Ek beklemtoon dit weer: Aanbidding op ʼn Sondag het nie in die plek van die Sabbat gekom nie, en aanbidding op ‘n Sondag is ook nie een of ander nuwe “wet” wat Christene moet gehoorsaam nie.

So, waarom dink JY het die eerste Christene op die eerste dag van die week begin bymekaar kom (maak nie saak of dit aanvanklik op Saterdagaande was nie)? Jy kan gerus probeer ontken dat die vroeë Christene op die eerste dag van die week en ook spesifiek op Sondae bymekaar gekom het, maar dan gaan jy al die vroeë kerkvaders as leuenaars moet afmaak.

— 4 —
“Met die koms van Christus is al die Ou Testamentiese wette in Hom vervul (Matt 5:17). Dit beteken dat niemand meer enige wette nakom as ‘n manier om God se goedkeuring te bekom nie (Galasiërs 3).” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

a) Vervul beteken nie om tot ‘n einde te maak nie. Dit beteken soos ‘n man sy huweliksbeloftes nakom aan sy vrou. Jy kan maar netsowel se dat Jesus “Jy mag nie moord pleeg nie” vervul het. Now wat? Ek kan nou moord pleeg?

b) Volgens (a), Jesus weerspreek homself dan: Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind [tot ‘n einde te maak] nie. Ek het nie gekom om te ontbind [tot ‘n einde te maak] nie maar om te vervul [tot ‘n einde te maak].

c) Volgens (a) & (b) die context is reggestel op vers 18-19:
Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. – Mat 5:18-19

d) Straw-man argument, want niemand kry goedkeuring deur die wet nie. Galasiërs 3 is kommentaar van wat al klaar geskruif is in Habakuk. In teendeel, ek weet nie hoe jy dit gaan reg kry nie. Veronderstel daar is ‘n moordernaar voor die hof, en hy se, “Kyk mense, kyk na al die mense wat ek nie dood gemaak het nie (wet onderhou).” En dan word hy vrygelaat

Die vraag is inderdaad wat dit beteken dat Jesus die vervulling van die wet en die profete was. In essensie gaan dit daaroor dat Jesus gekom het om die ware bedoeling van die wet te laat uitkom (dit word spesifieke gesien in die res van Jesus se bergrede vanaf Matt 5:21–7:28). Ek wil juis óók die idee van die huwelik as analogie gebruik vir hoe Jesus die vervulling van die wet is:

Die wet van Moses en die profete is soos ʼn verlowingskontrak (voorhuwelikse kontrak), terwyl Jesus as die vervulling van daardie wet, soos ʼn huwelikskontrak is. Die huwelik word deur ʼn verlowing voorafgegaan, m.a.w. die verlowing antisipeer en dui op die huwelik. Wanneer ʼn mens dan in ʼn huwelik tree word die verlowingskontrak inderdaad beëindig en deur ʼn huwelikskontrak vervang (kyk weer na gedeeltes soos Luk. 24:27,44-46, Kol. 2:14, Ef. 2:15, 2 Kor. 3:7-11, Rom. 10:4, Heb. 8:13, Heb. 10-9-10, Hand. 15:1-11). Maar so ʼn beëindiging moenie verstaan word as dat die voorwaardes en beloftes van die verlowingskontrak skielik ongeldig geraak het of afgeskaf word nie; dis eerder dat die nuwe kontrak die ware bedoeling van dit waarop die ou kontrak dui, ten volle laat uitkom sodat ʼn mens al die voorregte en verantwoordelikhede van ʼn huwelik kan geniet wat nie moontlik was tydens ʼn verlowing nie.

Jesus is dus die vervulling van die wet op die volgende maniere:

  • God se morele wette is vervul deur Jesus se sondelose lewe,
  • God se seremoniële en rituele wette is vervul deur Jesus as finale offer (Heb.10), en,
  • God se spesifieke verbond met die nasie Israel, wat uitdrukking gevind in die burgerlike wette wat hulle moes gehoorsaam, is vervul deur Jesus as die Middelaar van ‘n Nuwe Verbond tussen God en mense van alle nasies (Heb. 9:15, sien ook 2 Kor. 3:11, Gal. 3:26-29, Rom. 10:12, Kol. 3:11).

Geen Christen wat deel is van God se Nuwe Verbond, staan daarom meer onder enige verpligting om enige wet na te kom nie (Rom. 6:15, Rom. 7:4-6, Gal. 3:2-3, 3:23-25, Gal. 4:4, Gal. 5:1-6,13-14) behalwe die wet van Christus (Gal. 6:2). Ons lewe deur die Gees (Rom. 8, Gal 5:16-26) en gehoorsaam sodoende die wet van die liefde (Markus 12:28-31) – nie die Wet van Moses nie. M.a.w. Israel moes die wet van Moses nakom omdat dit is wat God goedgekeur het; in die Nuwe Verbond dra dit God se goedkeuring dat ons deur die Gees lewe omdat Jesus al die vereistes van die wet, in ons plek, nagekom het. (Terloops, my gebruik van die woord ‘goedkeuring’ is nie verwysend na die manier waarop iemand vryspraak sou kry nie, maar na God se vereiste vir gehoorsaamheid. Ek stem dus heeltemal saam dat Israel onder die Ou Verbond, soos met enigiemand onder die Nuwe Verbond, slegs deur geloof vryspraak gekry het [Rom. 4, Gal. 2:15-16] en nie omdat hulle die wet nagekom het nie.)

So om op te som. Die Wet van Moses (al die morele, seremoniële en burgerlike wette) was spesifiek en slegs aan Israel gegee en vir hulle spesifieke konteks, maar Jesus het gekom as die vervulling daarvan deur ʼn Nuwe Verbond te bewerkstellig wat vir almal wat tot geloof kom geld. Die Ou Verbond tussen God en Israel waarvan die Wet van Moses (red.: saam met die belofte van ‘n nageslag waaruit die Messias sou kom) die kern was, word dus deur die Nuwe Verbond vervang, nie omdat die Ou Verbond ongeldig is nie, maar omdat die Nuwe Verbond waarvan Jesus se lewe, sterwe en opstanding (red.: die Messias wat sou kom), die kern is, die ware bedoeling daarvan demonstreer.


— 5 —
“Mense behoort aan God wanneer die Heilige Gees in hul lewe (Rom 8:9,13-16) kom en dis Hy wat hulle in staat stel om aan God gehoorsaam te wees (Rom 8:4).” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

Niks nuuts nie. Dit is altyd die geval.

— 6 —
“Jesus was die enigste persoon wat die vereistes van die wet perfek nagekom het en omdat Hy terselfdertyd ook die vervulling van die wet was, is dit Hy waarna die wet heenwys (Rom 10:4; Gal 3:19,23-25; Ef 2:15).” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

Sien (4a), dit beteken nie dat as Jesus die wet geonderhou het nie, dat ons nie hoef nie.

Inderdaad. En niks wat ek gesê het impliseer iets anders nie. Wanneer ons deur die Gees lewe kom ons die wet van Christus (die wet van die liefde) na.

— 7 —
“die feit dat ons nie God se wette perfek kán nakom nie (Rom 8:3-5).” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

So verduidelik gou vir my hoe dit werk. God het vir Israel uit Egipte gered, net om hulle onder ‘n wet te sit wat hulle nie kan perfek kan hou nie, en hulle te straf as hulle dit nie so doen nie vir generasies? Klink dit na ‘n regverdige God? In teendeel, ja, ons almal het gesondig, maar dit beken nie dat ons nog verder daarin moet lewe nie. Jesus het ons nie gered van die wet nie, hy het ons gered van die straf van sonde as ook sonde.

Willem, kom ons los maar die snedigheid…“verduidelik gou vir my hoe dit werk”. Ek verduidelik graag hoe ek dinge verstaan, maar gee my maar gerus die voordeel van die twyfel voordat jy dink dat ek ʼn aap is. Is dit reg so?

Goed. Die hele Bybel is een groot getuienis van hoe niemand God se vereistes vir hul lewens kon nakom nie. Trouens, die Skrif verduidelik dat die wet gegee is juis om ons van ons sonde bewus te maak (Gal. 3:19) en dat ons daardeur gevangene gehou en opgepas is (Gal.3:23-25). Maar dit beteken nie dat die wet ʼn mens laat sondig nie, die wet is eerder soos ʼn spieël waarin jy jou eie sonde behoorlik raaksien. Tweedens kan niemand iets doen om van hulle eie sonde verlos te word nie – veral nie deur die wet na te kom nie.

Die enigste manier om van die mag en gevolg van die sonde verlos te word en om dan ʼn heilige lewe te kan leef (let wel, dit beteken nie ʼn sondelose lewe nie, ons is immers steeds deel van ʼn gebroke wêreld), is deur Jesus se versoeningswerk aan die kruis en gevolglik deur die Heilige Gees se teenwoordigheid en krag in ons lewens as wedergebore mense.

So, ek stem heeltemal met jou saam dat Jesus ons nie red van die wet nie, maar van die mag en gevolg van sonde. En tog word ons terselfdertyd bevry van die wet as oppasser, dit is, die slawejuk van wetsonderhouding (Gal. 5).

— 8 —
“Die onderhouding van die Joodse Sabbat is dus nie iets wat mense ná Christus meer hoef na te kom om God tevrede te stel nie (sien ook Kol 2:16–17, Rom 14:5–6a, Gal 4:9–10 Matt 12:8, Mark 2:27).” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

a) Kol 2:16-17 sê nie dat ons vrylik kan bloed drink, vrot fleis kan in vat nie. Dit sê ook nie dat ons vieslike heilig dae van ander gode kan herdenk nie. In kontext sê dit dat ons nie laat ander ons moet oordeel oor hoe ons die Sabbat dag moet heilig volgens hulle tradisies en wette van mense nie. Daar is ‘n verskil tussen die Torah en die Talmud. Die een is van God af, die ander is van mense af.

Willem, die konteks van Kol. 2:16-17 het juis te doen met ons as Christene se vryheid in Christus en dat die bepalings oor sekere kosse en heilige dae (spesifiek die Sabbat – vers 16) nie meer belangrik is nie, omdat hierdie dinge bloot ʼn skaduwee is van die Persoon wat sou kom – Christus! Waarom vashou aan ʼn skaduwee as die skaduwee eintlik heenwys na die ware Jakob?!

b) Rom 14:5-6: Wat het vasting en dae van vasting te doen met die vierde gebot? Weereens, Rom 14:5-6 sê ons kan ander gode se heilige dae herdenk nie.

Willem, gaan lees asseblief weer die konteks van hierdie gedeelte: dit gaan oor die eet van vleis al dan nie, dit gaan nie oor die vas nie.

Die punt wat relevant is tot die Sabbat is die opmerking dat ʼn sekere dag vir sommige mense belangrik is, terwyl ander alle dae as ewe belangrik beskou. M.a.w. as jy een dag uitsonder, dan doen jy so vir die Here, maar as alle dae vir jou ewe belangrik is, dan doen jy ook so vir die Here (vers 6) en dis ʼn saak van jou gewete en nie omdat enige wet so ʼn verpligting op jou as Christen onder die Nuwe Verbond plaas nie. Nou, as Paulus regtig gedink het dat die onderhouding van die Sabbat ʼn essensiële deel uitgemaak het van die Christelike lewenswandel, dan is hierdie tipe opmerking totaal en al onvanpas.

c) Gal 4:9–10: Volgens context het hulle terug gegaan na hulle ou gode toe deur hulle heilige dae te herdenk.

Nee, die punt was nie dat die Galasiërs na hul ou gode teruggegaan het nie (hulle was immers Christene), maar dat hulle deur spesiale dae, maande, seisoene en jare te vier, gewys het dat hulle nie verstaan het dat God in sy Nuwe Verbond nie sulke gebruike vereis nie – hulle is daarvan vrygekoop (sien die konteks van die voorafgaande gedeelte in Gal. 4:3-6).

d) Mat 12:8 & Mar 2:27: Natuurlik is Jesus die God van die Sabbat dag. Hy het dit geheilig (Joh 1:1-3) in Genesis 2:3. Om te verklaar dat Jesus die Sabbat dag gebreek het hier, is om die kant van die Jode te vat wat geleentheid gesoek het om sonde in Hom uit te wys.

Jesus het, omdat Hy die Here van die Sabbat was, die seggenskap gehad om dit volgens God se bedoeling daarmee te interpreteer – so ja, Hy het dit nie gebreek nie. Die Fariseërs het duidelik ʼn ritualistiese verstaan van die Sabbat gehad, en daarom dat Jesus die punt maak dat die mens nie vir die Sabbat daar is nie, maar die Sabbat vir die mens. Maar Jesus is ook die vervulling van die Sabbat wat slegs aan die Jode gegee is en slegs ʼn skadu van wat sou kom (Kol. 2:16-17): Jesus is die ware rus wat nou vir almal beskikbaar is (sien Hebreërs 4:1-11). Daarom dat niemand die Sabbat hoef te vier om God tevrede te stel nie. (Sien die volgende artikel: Entering God’s Rest)

— 9 —
“Christene kan op enige dag van die week bymekaar kom” (Sien Is dit Sabbat of Sondag?)

Watter dag het God uiteen gesit? Maandag? Of Saterdag? Veronderstel daar is 7 vrouens in ‘n kamer en 1 is joune. Maak dit saak watter een jy gaan huis toe neem? God het uitdruklik gesê, “die sewende dag”, nie “‘n sewende dag” nie.

Ek hoop jy begin nou verstaan dat wanneer ek sê, “Christene kan op enige dag van die week bymekaar kom”, dan het daardie byeenkoms en die dag waarop dit gebeur, NIKS met die Joodse Sabbat te doen nie. Christene vier nie die Joodse Sabbat nie, want die Sabbat, soos die besnydenis, was spesifiek net aan Israel gegee.

— 10 —
Sy priesters verkag my wet en ontheilig my heilige dinge! Tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte. Ja, Ek word onder hulle ontheilig. — Ese 22:26

Dankie, Willem, inderdaad het God gereeld vir Israel beskuldig, onder die Ou Verbond, dat hulle sy wet onteer het. Maar in Christus leef ons natuurlik nie meer onder die Ou Verbond nie:

“Christus het ons bevry sodat ons nou in vryheid kan lewe. Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ʼn slawejuk vasgebind word nie.” Gal. 5:1

Willem, ek het ʼn vermoede dat ons nie langs een vuur sit oor hierdie kwessie nie. Maar ek gaan nie in ʼn ellelange gesprek met jou oor die Joodse Sabbat betrokke raak nie. As jy my standpunt werklik wil verstaan (en die standpunt van die meerderheid van toegewyde en Geesvervulde Christene), dan sal jy dit maklik kan doen deur jou te vergewis van die strekking van artikels soos die volgende op die volgende webblad: https://www.gci.org/law/. Hier is ʼn oorsig van die struktuur van artikels op hierdie webblad:

Articles About Old Testament Laws

Six reasons to obey God by Michael Morrison
Obeying God by J. Michael Feazell
Role of the law in Christian life by Joseph Tkach
Role of the Decalogue in Christian ethics, by Michael Morrison
What is the law of God for Christians today? by John Curry
Appendix 1: Matt. 5:17 — How Did Jesus Fulfill the Law?
    Appendix 2: Gal. 3:19 —Were Sacrifices Added Later?
    Appendix 3: Matt. 23:23 — Did Jesus Confirm the Law?

“By calling this covenant `new,’ he has made the first one obsolete…. He sets aside the first to establish the second” (Heb. 8:13; 10:9).

The old and new covenants

Covenants in the Bible
The Old Covenant and the Law of Moses
Can Old Covenant Worship Laws Become New Covenant Spiritual “Shadows”?
Comparison of Old and New Covenants
Has the New Covenant Been Made?
The New Covenant in a Nutshell
The New Covenant Is Older Than You Think
Is Tithing Required in the New Covenant?

What Do the Scriptures Say About the Sabbath?

The Christian Sabbath: Divine Rest in Jesus Christ
– a booklet by J. Michael Feazell

Other articles about the Sabbath:
Is there a Sabbath “principle” for Christians to keep?
Can God’s Sabbath law be “done away”?
Should we meet on Sundays?
Why the seventh day? – a response to an Adventist
Another letter to an Adventist
The covenants and the Sabbath, part 1: the Old Testament
The covenants and the Sabbath, part 2: the New Testament
From Sunday to Sabbath: the Puritan origins of Sabbatarianism

Sabbath and Sunday in Early Christianity by Michael Morrison

A study of the origins of worship on Sunday by Tom Hanson

Should Christians Keep the Annual Festivals God Gave Ancient Israel?

Study papers about other laws

14 Bible Studies About Old Testament Laws

Introduction from Joseph Tkach

  1. Christians Obey God
  2. Old Testament Laws Before Moses
  3. Moses and the Old Covenant
  4. Jesus and the New Covenant
  5. The Early Church and the Law of Moses
  6. Paul and the Old Covenant
  7. A Few Examples of Obsolete Laws
  8. Seven Annual Sabbaths
  9. Dietary Laws and Uncleanness
  10. Jesus and the Old Covenant Laws
  11. The Weekly Sabbath — Jesus’ Example
  12. The Sabbath in Acts and the Epistles
  13. New Covenant Commands
  14. Salvation by Grace

Sien ook:

2 Comments

  1. Dis alles uitgetik hier. Spelling mag dalk sleg wees…

    — 1.1 —
    “Inderdaad, die vierde gebod is aan Israel gegee sodat hulle die Sabbatdag vir God kon vier (later meer hieroor).”

    a) Nerens in die bybel is dit geskrewe dat dit vir Israel ekslusief gegee was nie. Inteendeel, dit was nie net Israelitie wat oor die rooi see gegaan het nie. (Ex 12:38)

    b) Die sabbatdag was ingestel en geheilig lank voor Jacob, as ‘n gedenkteken van die skepping (Gen 2:2-3; Ex 20:11).

    c) Jesus het gese dit was vir mens, nie net vir die jood nie (Mar 2:28).

    d) Salomo het gese dit is ‘n mens se plig om dit te onderhou (Ecc 12:13).

    — 1.2 —
    “bymekaar te kom om brood te breek, mekaar te bemoedig, die leer van die apostels aangaande Christus te ontvang en Hom te aanbid”

    Het dit klaar onstlaan in 1 (b) van die vorige kommentaar.

    — 1.3 —
    “Die vraag is of die Christene onder verpligting was om die Sabbat na te kom (later meer hieroor).”

    Die antwoord is ja (Mat 5:17-19; cf. Is 8:20; cf. Deut 30:15-16,19; Eze 22:26), as hulle leer van die Sabbat (Acts 15).

    — 3.1 —
    “Dit help nie om maar net simplisties te sê, “Wys my in die Bybel waar daar staan…” of “Daar is niks hiervan in die Bybel nie”. Jy praat graag van ‘konteks’, maar dis duidelik dat jy die ganse historiese agtergrond ignoreer wat ʼn rol gespeel het in hoe die vroeë Christene gedink en opgetree het. Die Nuwe Testamentiese verwysings wat ek gegee het, dien as die motivering vir waarom die vroeë Christene op die eerste dag van die week begin bymekaar kom het.”

    Natuurlik! Anders gin ons tradisie oor die woord. “Die bybel se nie so nie, maar volgens die tradiesies…” “In vain they do worship me, teaching the doctrines and traditions of men.” (Mat 15:9). Die verwysings wat gegee was is dood eenvouding net verwysings dat Jesus opgestaan het uit die dood uit. Dis al en niks meer nie. Of is jy ‘n katoliek?

    — 3.2 —
    “So, waarom dink JY het die eerste Christene op die eerste dag van die week begin bymekaar kom (maak nie saak of dit aanvanklik op Saterdagaande was nie)?”

    Hulle het op die Sabatdae bymekaar gekom, en het brood gebreek op alle dae.

    — 3.3 —
    “maar dan gaan jy al die vroeë kerkvaders as leuenaars moet afmaak.”

    Hulle was baie anti semieties en het enige iets joods gehaat.
    “The custom of circumcising the flesh, handed down from Abraham, was given to you as a distinguishing mark, to set you off from other nations and from us Christians. The purpose of this was that you and only you might suffer the afflictions that are now justly yours; that only your land be desolated, and you cities ruined by fire, that the fruits of you land be eaten by strangers before your very eyes; that not one of you be permitted to enter your city of Jerusalem. Your circumcision of the flesh is the only mark by which you can certainly be distinguished from other men…as I stated before it was by reason of your sins and the sins of your fathers that, among other precepts, God imposed upon you the observence of the sabbath as a mark. (Justin Martyr – Dialogue with Trypho (Between 138A.D. and 161 A.D.)”

    Meer as dit…
    “Thus saith the LORD; Cursed be the man that trusteth in man, and maketh flesh his arm, and whose heart departeth from the LORD. (Jer 17:5)”

    — 4.1 —
    “Maar so ʼn beëindiging moenie verstaan word as dat die voorwaardes en beloftes van die verlowingskontrak skielik ongeldig geraak het of afgeskaf word nie; dis eerder dat die nuwe kontrak die ware bedoeling van dit waarop die ou kontrak dui, ten volle laat uitkom sodat ʼn mens al die voorregte en verantwoordelikhede van ʼn huwelik kan geniet wat nie moontlik was tydens ʼn verlowing nie.”

    Maar dan op dieselfde tyd is jou posiesie dat die sabbatdag afgeskaf is??

    — 4.2 —
    “God se morele wette is vervul deur Jesus se sondelose lewe,”

    Ja ek stem saam. As ‘n kind sy ouers eer, vervul hy die vyfde gebod. Maar dit beteken nie dat as Jesus die wet vervul het dat die kind sy ouers kan afskeep nie. Dieselfde met die all die morele wette. Maar dis nie jou posiesie nie. Jou posiesie is dat die wet nie meer is nie want Jesus het dit vervul. Dus, ‘n kind kan nou sy ouers vloeg. Om te se, “Nee, hy kannie,” is presies MY punt.

    — 4.3 —
    “God se seremoniële en rituele wette is vervul deur Jesus as finale offer (Heb.10),”

    Ek stem saam. Die lam is Jesus. Maar dit beteken nie ons kan nou steel nie, net soos on nou kan werk op ‘n Saterdag nie. Net soodat jy weet, die vierde gebod is ‘n morele wet (Deut 30:15-16; Eze 22:26; Neh 13:17; Is 56:6; cf. Deut 8:3).

    — 4.5 —
    “God se spesifieke verbond met die nasie Israel”

    As ek jou stelling vat soos dit nou is, dan is die God van die Ou Testament ‘n stamgod van die Jode en nie van die hele mendsom nie. Soos verduidelik in 1.1 (a).

    — 4.6 —
    “Geen Christen wat deel is van God se Nuwe Verbond, staan daarom meer onder enige verpligting om enige wet na te kom nie (Rom. 6:15, Rom. 7:4-6, Gal. 3:2-3, 3:23-25, Gal. 4:4, Gal. 5:1-6,13-14) behalwe die wet van Christus (Gal. 6:2).”

    Jer 31:33 se,
    “But this shall be the covenant that I will make with the house of Israel; After those days, saith the LORD, I will put my law in their inward parts, and write it in their hearts; and will be their God, and they shall be my people. (Jer 31:33)”

    Dit se duidelik dat die wette word in die hart geplaas, nie dat dit tot niet gaan word of dat daar nuwe wette gaan wees nie. Nou moet ‘n mens ‘n keuse maak. Of Paul het in stryd met Jer 31:33 gepraat of jou intepretasie van sy geskrewe is verkeerd.

    “To the law and to the testimony, if they do not speak according to this Word, it is because they have no light in them. (Is 8:20)”

    — 4.7 —
    “Ons lewe deur die Gees (Rom. 8, Gal 5:16-26) en gehoorsaam sodoende die wet van die liefde (Markus 12:28-31) – nie die Wet van Moses nie. ”

    Sonde is die breaking van die wet van Moses (1 Jn 3:4; Rom 3:20; 7:7). En die Gees ly jou om na alle waarheid toe (Jn 16:13), dit sluit in, ‘EK IS’ (Psa 31:5), die woord (Jn 17:17), die wet van Moses (Psa 119:142,151) en Jesus (Jn 14:6). So ‘n gees wat jou nie ly om die wet van Moses te onderhou nie, is nie die heilige gees nie.

    — 4.8 —
    “Israel moes die wet van Moses nakom omdat dit is wat God goedgekeur het;”

    Jy weerspreek jouself hier…
    Vraag: Hoe is Israel goedgekeur in die Ou Testament?
    Wet van Moses: “Israel moes die wet van Moses nakom omdat dit is wat God goedgekeur het;”
    Geloof: “Ek stem dus heeltemal saam dat Israel onder die Ou Verbond, soos met enigiemand onder die Nuwe Verbond, slegs deur geloof vryspraak gekry het [Rom. 4, Gal. 2:15-16] en nie omdat hulle die wet nagekom het nie.)”

    — 7.1 —
    “Die hele Bybel is een groot getuienis van hoe niemand God se vereistes vir hul lewens kon nakom nie.”

    Niemand op hul eie kan God se vereistes nakom nie. Maar, dis ‘n andergeval as jy sy Gees in jou het.
    “And I will put my spirit within you, and cause you to walk in my statutes, and ye shall keep my judgments, and do them. (Eze 36:27)”

    — 7.2 —
    “So, ek stem heeltemal met jou saam dat Jesus ons nie red van die wet nie, maar van die mag en gevolg van sonde. ”

    Jy weerspreek jouself hier…
    Vraag: Is ek vry om te sondig deur die wet van Moses te breek (1 Jn 3:4; Rom 3:20; 7:7)?
    Nee. “So, ek stem heeltemal met jou saam dat Jesus ons nie red van die wet nie, maar van die mag en gevolg van sonde. ”
    Ja. “terselfdertyd bevry van die wet as oppasser, dit is, die slawejuk van wetsonderhouding (Gal. 5).”

    So is ek vry van die wet van Moses of van sonde? ‘n Vrou wat nie op haar man verneuk nie, is nie meer onder die wet nie, want sy ken die wet. Dis is ‘n vrou wat op haar man verneuk wat onder die wet is, want sy ken nie die wet nie. Om nie onder die wet te wees nie beteken nie om dit nie te onderhou nie.

    — 7.1 —
    “Willem, die konteks van Kol. 2:16-17 het juis te doen met ons as Christene se vryheid in Christus en dat die bepalings oor sekere kosse en heilige dae (spesifiek die Sabbat – vers 16) nie meer belangrik is nie, omdat hierdie dinge bloot ʼn skaduwee is van die Persoon wat sou kom – Christus! Waarom vashou aan ʼn skaduwee as die skaduwee eintlik heenwys na die ware Jakob?!”

    a) So dus, ons is vry om te kan bloed drink, mens vleis te eet, om onheilige Sataniese dae, op ‘n vol maan, en die sabbatdag te ontheilig?

    b) Die wet is vreiheid (Psa 119:44-45). Anders, as sonde die breeking is van die wet is (1 Jn 3:4; Rom 3:20; 7:7), dan is sonde jou vreiheid! Ek wil vry wees van sonde! Nie van die wet nie om te kan sondig nie!

    c) Die kontext is teen die mense wat onskriftelike tradieses probeer afdring, verse 8 (cf. Mat 15:1-9).

    — 7.2 —
    “Willem, gaan lees asseblief weer die konteks van hierdie gedeelte: dit gaan oor die eet van vleis al dan nie, dit gaan nie oor die vas nie.”

    Ja dit gaan oor die vas volgens die konteks. Dit was ‘n verhitte meningsverskil daai tyd (Luk 18:12; Mat 9:14). Niks met die Sabbatdag uit te waai nie. Inteendeel, daar is geen stryd teen die sabbath op daai tyd nie. Eintlik, was dit die eenigste dag wat die kerke oop was. Weerens, as ek jou interpretasie vat soos dit is dan kan jy “bloed drink, mens vleis te eet, om onheilige Sataniese dae, op ‘n vol maan, en die sabbatdag te ontheilig.”

    — 7.3 —
    “Nee, die punt was nie dat die Galasiërs na hul ou gode teruggegaan het nie (hulle was immers Christene), maar dat hulle deur spesiale dae, maande, seisoene en jare te vier, gewys het dat hulle nie verstaan het dat God in sy Nuwe Verbond nie sulke gebruike vereis nie – hulle is daarvan vrygekoop (sien die konteks van die voorafgaande gedeelte in Gal. 4:3-6).”

    “Howbeit then, when ye knew not God, ye DID SERVICE unto them which by nature are NO GODS. But now, after that ye have known God, or rather are known of God, how TURN YE AGAIN to the weak and beggarly elements, whereunto ye desire AGAIN to be in bondage? Ye observe days, and months, and times, and years. (Gal 4:8-10)”

    Skuus, nee. Die God ‘EK IS’ is nie ‘n “nie-god” nie. Hulle was nie christene nie. Hulle was van ander gelowe. Hulle het christene geword deur Paul se spreke, maar het hulle laat bensy en gedink dat daai wet hulle vry maak, en nou dat hulle vry is het hulle dit goed gedink om TERUG na hulle nie-gode toe te gaan.

    — 7.4 —
    ” Jesus is die ware rus wat nou vir almal beskikbaar is (sien Hebreërs 4:1-11)”

    Dubbelsinnigheid van die woord “rus”.

    “Let us therefore fear, lest, a promise being left us of entering into his [abode], any of you should seem to come short of it. For unto us was the gospel preached, as well as unto them: but the word preached did not profit them, not being mixed with faith in them that heard it. For we which have believed do enter into [abode], as he said, As I have sworn in my wrath, if they shall enter into my [abode]: although the works were finished from the foundation of the world. For he spake in a certain place of the seventh day on this wise, And God did [cease] the seventh day from all his works. And in this place again, If they shall enter into my [abode]. Seeing therefore it remaineth that some must enter therein, and they to whom it was first preached entered not in because of unbelief: Again, he limiteth a certain day, saying in David, To day, after so long a time; as it is said, To day if ye will hear his voice, harden not your hearts. For if Joshua had given them [to cease], then would he not afterward have spoken of another day. There remaineth therefore a [sabbath-keeping] to the people of God. For he that is entered into his [abode], he also hath ceased from his own works, as God did from his. Let us labour therefore to enter into that [abode], lest any man fall after the same example of unbelief.
    (Heb 4:1-11)”

    Heb 4:1-11 praat oor die Israelite wat nie in Canaan in gegaan het a.g.v hulle ongeloof. Die sevende dag vat hier vaan gepraat word is ‘n vergelykennis op die tweede koms van Jesus. Nou moet ons nie in die Israelite se voorbeeld volg nie. “Let us labour therefore to enter into that [abode], lest any man fall after the same example of unbelief”

    — 9 —
    “Christene vier nie die Joodse Sabbat nie, want die Sabbat, soos die besnydenis, was spesifiek net aan Israel gegee.”

    Onstlaan in 1.1, en ook, net soos om jou ouers te eer, die sabbat het niks te doen met die besnydenis nie.

    — 10 —
    “Maar in Christus leef ons natuurlik nie meer onder die Ou Verbond nie (Gal 5:1)”

    Ontslaan in 7.1 (b). As ook,
    “All scripture [Dut sluit in Eze 22:26] is given by inspiration of God, and is profitable for doctrine, for reproof, for correction, for instruction in righteousness: That the man of God may be perfect, throughly furnished unto all good works. (2Ti 3:16-17)”

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.