Waar Is God As Mense Swaarkry?

deur André van Zyl

Sooner or later, most of us will come to a point where it appears that God has lost control – or interest – in the affairs of people.  It is only an illusion, but one with dangerous implications for spiritual and mental health.  Interestingly enough, pain and suffering do not cause the greatest damage.  Confusion is the factor that shreds ones faith. (James Dobson)

A God who did not abolish suffering – worse, a God who abolished sin precisely by suffering – is a scandal to the modern mind. (Peter Kreeft)

1. Inleiding

Swaarkry en die teenwoordigheid van boosheid in die wêreld is ‘n ontsettende realiteit in elke mens se lewe.  Dit is in hierdie swaarkry-tye en die skaduwee wat dit los, dat vrae oor die bestaan en aard van God ontstaan.  Iemand het die vraagstuk van lyding beskryf as ‘n vraagteken wat omgedraai is en soos ‘n vishoek vassteek in die hart van elke mens.  Hoe daar opgetree word teenoor mense wat intense pyn en seerkry beleef en hoe hul vrae beantwoord word, is baie belangrik.  Vir baie mense is die bestaan van swaarkry en boosheid een van die kernsake waarvolgens hulle alle godsdienstige aansprake beoordeel.  Christene is nie gevrywaar van hierdie aspek van menswees nie en kry ook soos alle ander mense swaar.  Christene kan ook dikwels nie insien hoe hul swaarkry sin maak nie.  Hoe is dit moontlik dat dit uit die hand van ‘n liefdevolle God kan kom?  Hoe kan hy dit toelaat?

In hierdie studiestuk sal die vraag oor swaarkry en die bestaan van ‘n God van liefde op ‘n spesifieke manier verduidelik word.  Daar is verskeie maniere waarop hierdie vraag beantwoord kan word en elke Christen sal ‘n effe ander invalshoek en antwoord hê.  Die perspektief wat hier gegee word, is die skrywer se eie poging om meer lig op die onderwerp te help werp.  Vanweë die persoonlike aard en kompleksiteit van die probleem is hierdie studiestuk nie ‘n poging om alle vrae te beantwoord nie.  Dit is ook nie in wese bedoel as antwoord vir mense wat huidiglik in die kloue van swaarkry vasgevang is nie.

Hierdie studiestuk het veral drie doelwitte: Eerstens het dit ten doel om gelowiges te help voorberei op hul eie tye van swaarkry en ten tweede het dit ten doel om aan mense wat teoretiese vrae oor swaarkry het, met antwoorde uit te daag. Derdens het dit ten doel om Christene met riglyne te help vir die dienende en liefdevolle reaksie wat hulle aan ‘n lydende wêreld kan en behoort te wys.  Die uitgangspunt van die skrywer is dat die Christelike geloof die enigste sinvolle perspektief op die universele probleem van menslike swaarkry bied.  Daar sal in hierdie studiestuk gepoog word om hierdie Christelike perspektief verder toe te lig.

2. Verskillende perspektiewe op die probleem van swaarkry

Boosheid en pyn is ‘n onlosmaaklike deel van menslike ervaring.  Daar is ‘n verskeidenheid verskillende antwoorde op die dilemma wat almal pogings is om die realiteit van pyn en swaarkry in mense se lewensbeskouings te integreer.  Voor daar in detail na ‘n Christelike antwoord gekyk word, is dit van belang om aandag te gee aan die verskeidenheid antwoorde wat op hierdie vraag aangebied word:

  • Die ateïs se reaksie op die probleem van pyn is om te ontken dat God bestaan.  Die bestaan van goed en sleg word ontken.  Die logiese gevolg van hierdie siening is dat swaarkry en dood ‘n normale deel van die mens se bestaan op aarde is.  Dit is in wese die logiese gevolg van Darwin se beginsel van “oorlewing van die sterkstes”.  Dit is nie sinvol om na sin in of troos vir swaarkry te soek nie, want volgens hierdie perspektief is daar geen sin of troos te vinde nie.  Na ‘n lewe vol lyding is die dood die einde van die menslike bestaan met niks wat daarna volg nie.  Die aard van hierdie modernistiese siening hou nie rekening met die werklikhede van menswees nie.  Mense wat direk met die dood of intense lyding gekonfronteer word getuig almal dat die ateïstiese siening hulle nie tevrede stel nie.
  • Verskeie Oosterse gelowe en die “Christian Science” ontken die bestaan van swaarkry.  Hindoes sien die fisieke heelal as ‘n illusie met swaarkry en pyn as deel daarvan.  Die oplossing vir lyding vanuit hierdie perspektief is dat die mens deur meditasie moet afsny van die tydelike werklikheid waarvan pyn en seerkry deel is.  Hierdie illusie-teorie hou egter nie rekening met die gewigtige impak van pyn en swaarkry op die lewens van mense nie.  Dit herinner sterk aan ‘n kop-in-die-sand benadering tot hierdie baie eksistensiële probleem.  Enige persoon wat al pyn en swaarkry beleef het, sal getuig dat hierdie belewenisse nie ‘n illusie is nie.  Om dit te probeer verwerk deur van die wêreld afgesny te leef, bied geen langtermyn oplossing nie.
  • ‘n Ander teorie is dat God bo goed en sleg verhewe is, hiervolgensstyg God bo die menslike belewenis van goed en sleg uit.  Dit klink baie edel, maar los geen van die praktiese probleme op wat met die menslike belewenis van lyding gepaardgaan nie.  Die mens is steeds alleen in die donker met sy trane, want God is te verhewe om hom aan die mens se situasie te steur.  So ‘n onpersoonlike antwoord is in essensie nie ‘n antwoord nie.
  • Die teorie wat die boek “When Bad Things Happen To Good People” deur Rabbi Kushner onderlê is dat God se mag beperk is. Volgens hierdie teorie is God wel goed, maar hy is nog nie almagtig nie, hy sou alle swaarkry wou keer, maar hy kan nie.  Die mens se hoop word op ‘n toekomstige tyd gevestig wanneer God uiteindelik almagtig sal word en dan die seer en swaar in die wêreld sal kan stop.  Die teorie los egter geen van die lydende mens se probleme met pyn en seer op nie.  ‘n Oplossing sal eers vir ‘n toekomstige geslag beskore wees as God ontwikkel het tot op die regte vlak.  Dit is in stryd met die beeld van ‘n almagtige God wat daar in al die monoteïstiese gelowe (Christen, Joods en Moslem) geskets word.
  • God het boosheid geskep om ‘n groter goed te bewerk.  Hierdie teorie bevat ‘n klein stukkie waarheid in die sin dat daar wel soms goeie dinge uit die slegte voortkom.  Die probleem is dat hierdie teorie impliseer dat God boosheid nodig het om goed te kan bewerk.  Dit is soos om eers ‘n hel te moet skep om later ‘n hemel te kan skep.  Behalwe dat hierdie teorie in stryd is met die beeld van God soos dit deur die hoofstroom gelowe geskets word,  is dit ook nie ‘n antwoord wat mense in pyn tevrede sal stel nie.  Indien dit waar sou wees, sou dit baie vrae laat ontstaan oor die aard van die God waarmee die mens te doen het.
  • Die Bybelse perspektief is dat die mens moet aanvaar dat pyn en swaarkry deel is van die menslike bestaan en toestand. So ‘n aanvaarding beteken nie dat die probleem van swaarkry noodwendig verstaan word of dat dit sin maak nie.  Die redes vir die bestaan van swaarkry, die oorsake daarvan en die moontlike oplossings daarvoor maak alles deel uit van die Christelike perspektief op die probleem.  Die res van hierdie studiestuk sal gebruik word om die Christelike perspektief verder te verduidelik.

3. Die logiese argument oor swaarkry en ‘n God van liefde (Die vierkantige sirkel?!)

Soos daar uit die bogenoemde antwoorde gesien kan word, is die meeste daarvan geskoei op die ontkenning van die bestaan van die God soos wat hy in die Bybel geopenbaar word.  Of sy bestaan, of sy goedheid, of sy almag word bevraagteken.  Hierdie drie aspekte is die oorsaak van verskeie teoretiese vrae onderliggend aan baie mense se onsekerheid of ongeloof.  Aan mense met eerlike teoretiese vrae oor swaarkry is die Christelike gemeenskap eerlike antwoorde wat in liefde aan hulle oorgedra word verskuldig.

Die probleem van die bestaan van ‘n almagtige, liefdevolle God, te same met die bestaan van swaarkry en boosheid in die wêreld, word dikwels as ‘n logiese argument uiteengesit.  Die logiese argument oor swaarkry kan soos volg geformuleer word:

  • As God almagtig was sou hy die vermoë gehad het om swaarkry en boosheid te verhoed
  • As God heeltemal goed (liefde) was, sou Hy swaarkry en boosheid wou verhoed
  • As daar dus ‘n almagtige goeie God (van liefde) bestaan, sou daar nie boosheid en swaarkry in die wêreld gewees het nie.
  • Swaarkry en boosheid bestaan wel in die wêreld, dus kan daar nie ‘n almagtige liefdevolle God wees nie.

Met die eerste oog opslag lyk die gestelde argument baie intimiderend en redelik waterdig.  Dit is ook ‘n argument wat in elke mens se hart vasslaan omdat dit dikwels hul ervaring van die wêreld akkuraat weerspieël.

Daar is ‘n paar komponente van die bogenoemde argument wat meer aandag verdien.  Die eerste aspek behels die almag van God.  Vir meeste mense beteken die feit dat God “almagtig is” dat hy enigiets kan doen (niks is vir hom onmoontlik nie).  Dus sou dit vir hom moontlik wees om alle swaarkry en pyn in die wêreld te verhoed.  Op die oog af lyk hierdie stelling onaanvegbaar, maar indien dit logies ondersoek word, word ‘n ander prentjie duidelik.

Sekere stellings lyk sinvol, maar bevat logiese teenstrydighede wat beteken dat hulle sinneloos is.  “Jy kan my maar glo, ek lieg altyd” is ‘n voorbeeld.  Nog ‘n voorbeeld hiervan is dat mense soms vra: “Kan God ‘n ronde vierkant maak?”  Hulle impliseer hiermee dat indien God almagtig is, hy enigiets kan doen.  Hulle dink dus dat hy nie almagtig kan wees as hy  nie ‘n ronde vierkant kan maak nie.  Sirkels en vierkante is egter beide vorms met spesifieke eienskappe.  Die bestaan van die een maak die gelyktydige bestaan van die ander een onmoontlik.  Die maak van ‘n “ronde vierkant” is ‘n sinnelose samestelling van woorde en het geen implikasie vir God se almag nie .Die waarheid is dat God nie ‘n ronde vierkant kan maak nie, nie omdat hy nie almagtig is nie, maar omdat die stelling ‘n logiese teenstrydigheid bevat en dus sinneloos is.

Die logiese argument oor die bestaan van ‘n goeie almagtige God en swaarkry bevat ook ‘n logiese teenstrydigheid.  God het die mens geskep om in ‘n liefdesverhouding met hom te lewe.  Vir egte liefde om te kan bestaan is vryheid van keuse noodsaaklik.  Geen liefde kan bestaan as daar nie vryheid van keuse is nie.  Die vryheid wat deur God geskep is, het per implikasie ruimte gelaat vir die mens om teen hom te kon kies.  Kon God ‘n keuse teen hom nie keer of stop nie?  Hy kon deur al die mens se vryheid weg te neem, maar dan sou hy enige moontlikheid van liefde ook moes wegneem.  Dit sou selfs vir God onmoontlik wees om die mens in ‘n ware liefdesverhouding met hom te laat staan sonder vryheid.  Nie omdat God se mag beperk is nie, maar omdat liefde sonder keuse ‘n logiese teenstrydigheid is.

C.S. Lewis het die antwoord op die almag/liefde/lyding probleem soos volg opgesom:

Meaningless combinations of words do not suddenly acquire meaning simply because we prefix to them two other words ‘God can’.  It remains true that all things are possible with God:  The intrinsic impossibilities are not things but nonentities.  It is no more possible for God than for the weakest of His creatures to carry out two mutually exclusive alternatives; not because His power meets an obstacle, but because nonsense remains nonsense even if we talk it about God.

Die almag-komponent van die logiese argument kan op ‘n tweede vlak gekritiseer word.  Omdat God almagtig is en dit impliseer dat hy enigiets kan doen, beteken dit ook dat hy keuses kan maak.  God kon kies om ‘n heelal te skep, of hy kon kies om dit nie te doen nie.  Nadat God egter ‘n keuse uitgeoefen het is dit deel van sy karakter om homself tot daardie keuse verbind. Hy “kan” dan nie meer iets doen wat die oorspronklike keuse weerspreek nie.  Die implikasie hiervan is dat God kies om sy almag te beperk.  Die belewenis wat die mens van God het, is gegrond in die ervarings wat die mens van God het nadat hierdie keuses reeds gemaak is.  Dit veroorsaak die illusie dat God nie almagtig is nie.

Die tweede aspek van die argument wat aandag verdien is dat God ‘n God van liefde genoem word wat swaarkry sou wou stop.  Die woord “liefde” het in die moderne konteks ‘n ander betekenis as die tradisionele verstaan begin kry.  Indien die moderne mens aan liefde dink, dink hy dat dit beteken dat almal kan kry en doen net wat hulle wil.  Daar is geen perke nie en geen beheer of tug nie.  Dit is egter nie in die praktyk waar nie, liefde beteken om die beste vir die ander persoon te wil hê, nie om aan hom te gee net wat hy wil hê nie.  Enige persoon wat al kinders grootgemaak het sal presies weet wat met hierdie konsep bedoel word.  Daar is ‘n groot verskil tussen hoe ‘n pa en ‘n oupa met kinders werk.  Die een wat meer toelaat (oupa) is nie noodwendig liewer vir die kinders as die een wat minder toelaat (pa) nie.  Om die waarheid te sê is die teenoorgestelde in bykans alle gevalle waar.  Dit is dus ‘n oppervlakkige verstaan van die konsep “liefde” om te impliseer dit beteken dat alle pyn en swaarkry uitgeskakel word.

C. S. Lewis word weer aangehaal oor swaarkry en die goedheid van God:

The problem of reconciling human suffering with the existence of a God who loves, is only insoluble so long as we attach a trivial meaning to the word ‘love’, and look on things as if man were the center of them.  Man is not the center.  God does not exist for the sake of man.  Man does not exist for his own sake.

Ook Alister McGrath stel dit soos volg:

The love of God is not some kind of indulgent benevolence which smiles upon our whims without asking whether they are innocent or profoundly destructive, and then generously allows us to have what we want.  It involves our transformation.

Twee van die belangrikste komponente van die bogenoemde logiese argument is hierbo verkeerd bewys of ten minste uit ‘n ander hoek belig.  Die waarheid van die logiese stelling moet as gevolg van die probleme daarmee as twyfelagtig of selfs onwaar beskou word.  Die logiese uitvloeisel hiervan is dat dit moontlik is dat daar wel ‘n almagtige en goeie God (van liefde) kan bestaan ten spyte van die skynbaar teenstrydige getuienis wat pyn en swaarkry bied.

Pyn en swaarkry is en bly ‘n vreesaanjaende deel van die menslike bestaan.  Die verskillende alternatiewe wat as verduidelikings aangebied is, stel nie tevrede nie.  Die logiese argument wat gebruik word om die bestaan van ‘n liefdevolle almagtige God te ontken, is effektief beantwoord.  Wat is die Christelike antwoord op die probleem van menslike lyding?

4. ‘n Christelike antwoord.

4.1. Mense wat swaarkry versus mense met vrae oor swaarkry

Dit is baie belangrik om te besef dat die probleem van swaarkry op twee vlakke lê.  Die eerste is die teoretiese of teologiese vraag oor swaarkry.  Hierdie klem op die vraagstuk is gewoonlik afkomstig van mense wat swaarkry as ‘n argument teen die bestaan van God (soos hy in die Bybel uitgebeeld word) gebruik.  Hierdie groep mense ervaar nie noodwendig op die oomblik intense lyding nie, maar sien die bestaan van swaarkry as ‘n sleutelvraagstuk in hul evaluering van die Christelike geloof.  Dit is die verantwoordelikheid van gelowiges is om die swaarkry dilemma op ‘n sinvolle manier met die soeker te bespreek.

Daar is egter ook ‘n tweede groep mense teenoor wie die Christen ‘n heeltemal ander verantwoordelikheid het.  Hierdie groep bestaan uit mense wat huidiglik besig is om lyding te ervaar. Hulle moet met intense pyn saamleef en hierdie pynvolle belewenisse bring verskeie vrae in hul gemoedere na vore.  Hierdie vrae wentel gewoonlik rondom hulle persoonlike belewenis van swaarkry en oor God se skynbare afwesigheid en stilte in hulle tyd van pyn.  Die praktiese uitleef van liefde teenoor hierdie mense sal later in die studiestuk bespreek word.  Daar sal eers aan die teologiese invalshoek op swaarkry aandag gegee word.

4.2. Teologiese perspektiewe op die oorsprong en reaksies op swaarkry

Wanneer die probleem van pyn, swaarkry en boosheid bespreek word, ontstaan verskeie vrae.  Waar kom pyn, swaarkry en boosheid vandaan?  Wat is die praktiese oorsake van hierdie dinge in mense se lewens?  Wat sou ‘n Christelike antwoord hierop wees?  Dit is belangrik om ten eerste die ontstaan van die stukkende werklikheid wat die mens beleef te verstaan.

Die eerste belangrike punt is dat God die wêreld sonder sonde, boosheid en pyn geskep het.  Die mens en alles in die skepping was goed gemaak en was nie aan pyn en swaarkry onderworpe nie.  God het die mens na sy eie beeld geskep om in ‘n liefdesverhouding met hom te staan.  Soos vroeër in die studiestuk bespreek is, was dit noodsaaklik om die mens met vrye keuse te skep vir hierdie liefdesverhouding om tussen God en mens te kan bestaan.

God het in die paradys al die omstandighede geskep sodat die logiese keuse altyd gehoorsaam aan God sou wees.  God het aan die mens een opdrag gegee oor een ding wat vir hulle verbode was.  So is die potensiaal geskep vir ‘n keuse teen God wat in effek ‘n rebellie sou wees. Hierdie potensiële keuse was die geslote deur tot pyn en swaarkry.  Terwyl dit toegesluit gebly het, sou daar geen boosheid of pyn in die wêreld wees nie.

Die mens het egter gekies om teen God te rebelleer.  Dit het veroorsaak dat die liefdesverhouding tussen God en mens verbreek is.  So het die mens self die geslote deur tot pyn, swaarkry en dood oopgemaak.  Pyn swaarkry en dood was en is vandag steeds die logiese en natuurlike gevolg van die sonde.  Die mens het die potensiële pyn en swaarkry deur hierdie keuse ‘n realiteit gemaak.

Na die sondeval kondig God die regverdige straf op die sonde aan:

Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe, met pyn sal jy kinders in die wêreld inbring.  Die aarde is deur jou toedoen vervloek met swaarkry sal jy daaruit ‘n bestaan maak.  Die aarde sal vir jou dorings en dissels uitspruit.  Net deur harde werk sal jy kan eet totdat jy terugkeer na die aarde toe.  Stof is jy en jy sal weer stof word.

Snitte uit Genesis 3:16-19

Swaarkry, pyn en dood kom sodoende die wêreld binne.  Die gevolg van die sondeval is dat swaarkry die mens deur sy lewe heen sal teister.  Die verhouding tussen God en mens is verbreek en kan nie eensydig deur die mens herstel word nie.  Die mens vrees die dood wat deur die sondeval die einde van elke mens se lewe op aarde beteken.

God is egter lief vir die mens.  Hy wil nie hê dat die liefdeband tussen hom en die mens vir ewig verbreek moet bly nie.  Dit is nie vir die mens moontlik om die regmatige straf vir sy eie sonde (die dood) te dra om sodoende met God versoen te word nie.  God los egter nie die mens sonder hoop op versoening nie.  Net voor die straf oor die mens uitgespreek word, maak God ‘n belofte aan die mens in die volgende woorde aan die slang:

Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt. (3:15)

Hierdie deel van God se uitspraak bevat God se belofte om in te gryp in die verhouding tussen hom en die mens.  Dit is die essensie van God se herstelplan.  Daar sal later in meer detail na hierdie beloofde herstel van die verhouding verwys word.

Op hierdie punt kom die boek “When Bad Things Happen To Good People” weer ter sprake.  Die titel van Rabbie Kushner se boek bring ‘n belangrike vraag na vore.  Die titel verwys na “goeie mense” wat onverdiend ly.  Op een vlak is die titel heeltemal verstaanbaar; meeste mense ken ander mense wat ly ten spyte van besondere goeie lewens.  Die moontlike rede vir hul swaarkry slaan mens dronk en niemand het werklik ‘n antwoord daarvoor nie.  Hoekom hulle?  Die aard van die vraag gee ‘n leidraad tot die antwoord.  Vir die vraag om sinvol te wees moet daar mense wees wat werklik “goed” is.  Hul graad van “goedheid” kan nie vanuit ‘n menslike perspektief beoordeel word nie.  Hulle sou deur God as “goed” geëvalueer moes word vir die vraag om werklike slaankrag te hê.

Dit is dus belangrik om die term “goed” op ‘n tweede vlak te evalueer.  Indien die mens in die lig van die sondeval en die mens se sondige natuur beskou word, is die term “‘n goeie mens” problematies.  Die beoordeling van die “goedheid” van enige mens kan nie gedoen word deur hom met alle ander mense te vergelyk nie.  Dit sou net kon wys wie is die minste sleg van almal, nie wie die werklik “goeie” mens is nie.  Wanneer God se standaard gebruik word om mense te meet, is alle mense verdorwe en sleg.  Geen mens kan aanspraak maak daarop om goed te wees nie.  ‘n Goeie mens sou een wees wat weer in ‘n herstelde verhouding met God staan en in geen opsig teen hom rebelleer nie.  Selfs die beste mens op aarde doen daagliks sonde.  Hulle doen dit deur nie die paal te haal in terme van God se standaard vir heiligheid nie.  Daar is geen goeie mense aan wie God gelyk sou moes gee nie;  geen mense wat nie ‘n verlosser sou nodig hê omdat hulle nie gesondig het nie.  Die Bybel sê:

Almal het gesondig en is vêr van God af Romeine 3:23

In die lig van die vorige redenasie ontstaan die vraag:  Wat sou dit wees wat God die mens skuld?  Wat sou die mens se “verdiende loon” wees?  Die Bybel is baie duidelik oor die antwoord op hierdie vrae.  In Genesis word aangekondig dat die straf op die sonde die dood is (Gen 2:16).  Dit sluit die fisieke en ewige dood in.  Die direkte gevolg van die sondeval is dat swaarkry, pyn en dood die belewenis-wêreld van die mens binnegekom het (Gen 3:17-19).  Na die sondeval (en elke mens se aandeel aan die oorspronklike sondeval en elke mens se daaglikse sondeval) is daar net een ding wat God die mens skuld en dit is die dood (Rom 6:23 en Jes 59:2) en dit deur baie swaarkry heen.  Daar is geen goeie mense soos wat Kushner dit in sy titel bedoel nie.  Al wat daar op aarde te kry is, is verdorwe mense wat genade en redding nodig het.

Die mens rebelleer direk teen God en aanvaar nie sy liefde en gesag nie.  Die logiese gevolg van die sondeval en die verbreekte verhouding tussen die mens en God is dat God die mens sou verlaat.  Dit sou ‘n godverlate wêreld veroorsaak met geen goedheid of genade nie.  So ‘n wêreld vol mense wat mekaar haat en seermaak sou as “die hel” beskryf kon word.  Is dit die wêreld waarin die mens leef?  Die antwoord op hierdie vraag is “nee”.  As die mens in ‘n Godverlate wêreld geleef het sou elke mens net haat en swaarkry geken het.  Dit is nie ‘n ware weerspieëling van wat op aarde waargeneem word nie.  Meeste mense ervaar baie vreugde en liefde in hul lewens.  Waar sou hierdie wonderlike ervarings vandaan kom as die wêreld godverlate was?  Vanuit die Christelike perspektief is die enigste rede dat die mens enige vorm van vreugde op aarde kan beleef, omdat God hom nie heeltemal aan die wêreld onttrek het nie.  Hy bly betrokke by die welstand van alle mense op aarde en hierdie betrokkenheid staan as sy algemene genade bekend.

4.3. Oorsake van pyn en swaarkry

Die oorhoofse oorsaak vir pyn en swaarkry is die sondeval.  Daar is verskeie gevolge van die sondeval wat direk tot die pyn en swaarkry van die mens op aarde bydra.  Dit is belangrik om te onthou dat die “oorsaak/gevolg” verhouding tussen die onderskeie oorsake en ‘n spesifieke swaarkry geleentheid dikwels heeltemal duister is.  Dit is wel soms baie duidelik watter oorsake aan ‘n spesifieke stuk lyding gekoppel kan word, maar daar is bykans altyd meer as een veroorsakende faktor wat bydra tot die lyding.  Dit is belangrik om nie die oorsaak van swaarkry in ander mense se lewens te probeer identifiseer nie.  Die verstaan van so veroorsakende verband is net vir God toeganklik.

Die basiese faktore wat swaarkry veroorsaak sluit die volgende in:

  • Sonde van mense.  Almal ly een of ander tyd as gevolg van hul eie sonde of vanweë die sonde van ander mense.  Indien mense die oorsaak van swaarkry is, skep dit gewoonlik ‘n baie onaangename situasie waarin haat, wraak en gebroke harte prominent is.  Dit is teen die mens se natuur om aan sy eie skuld te dink en gewoonlik word iemand of iets anders gesoek om te blameer.
  • Die duiwel is aktief op aarde besig.  Al ontken baie mense vandag sy bestaan, speel hy definitief ‘n prominente rol in swaarkry.  Die Bybel praat van hom as ‘n brullende leeu wat op die aarde rondloop en mense soek om te verskeur (1 Petrus 5:8).
  • Die gebroke werklikheid waarin die mens leef.  Vanweë sonde kry alles in die skepping swaar, daar is dorings wat in voete steek, motors se bande wat bars en natuurrampe wat duisende mense laat sterf.  Selfs in die geval van natuurrampe het die mens se gebroke natuur ‘n bydraende faktor.  Die El Nino verskynsel wat chaotiese weerpatrone veroorsaak, word byvoorbeeld deur die mens se misbruik van die aarde veroorsaak.  Selfs in die massiewe lewensverlies wat met die pas afgelope Tsunami gepaardgegaan het, het menslike foute die situasie baie vererger.
  • God laat mense swaarkry.  Dit is ‘n kontroversiële en moeilik verstaanbare stelling, maar sluit by die vroeëre bespreking van wat werklike liefde beteken aan.  Die mens kan nie verstaan hoe God hierby betrokke kan wees sonder dat dit sy karakter as ‘n God van liefde aantas nie, maar dit is deels die prentjie wat die Bybel skets.

Die volgende stelling moet met baie omsigtigheid, sonder direkte getuienis en met vertroue op God gemaak word: “Dit is moontlik dat God swaarkry kan gebruik om vir baie mense tot seën te wees.” (Hebreërs 12:4-12).  Dit is essensieel om te onthou dat God se gedagtes hoër as die van mense is.  Hy sien die groot prentjie en beloof in die Bybel om selfs lyding te gebruik om die mens te seën.

Die volgende storie kan gebruik word om die punt te illustreer:  ‘n Pa neem sy seun dokter toe en die dokter diagnoseer ‘n dringende probleem wat daar en dan in die spreekkamer behandel moet word.  Daar is nie tyd vir verdowingsmiddels nie en die pa moet sy seun vashou terwyl die dokter die kind behandel.  Dit is belangrik dat die kind doodstil gehou word terwyl die uiters pynvolle behandeling toegedien word.  Die kind verstaan glad nie hoekom sy pa hom vashou terwyl iemand anders hom seermaak nie.  Die kind se emosies is in ‘n warboel en hy voel verwyt teenoor sy pa.  Die waarheid, wat die kind nie kan insien of verstaan nie, is dat die alle ander alternatiewe veel erger sou wees.  Dit is onmoontlik om te weet wanneer God direk betrokke is by die oorsaak van swaarkry, maar die mens word aangemoedig om in stilte op Hom te vertrou.

4.4.Verskillende beskouings van die albeskikking van God

Daar is reeds ‘n saak uitgemaak dat dit moontlik is dat daar ‘n almagtige God van liefde kan bestaan ten spyte van die skynbaar teenstrydige getuienis van pyn en swaarkry wat in die wêreld aanwesig is.  Dit beantwoord die “of” vraag, maar die kerk probeer ook al sedert sy ontstaan ‘n antwoord op die “hoe” vraag gee.  Hoe is God betrokke in hierdie situasie?  Dit is baie belangrik om te onthou dat die mens se beantwoording van die “hoe” vraag ten beste bybelsgefundeerde spekulasie is.  Daar is ‘n verskeidenheid antwoorde op die vraag en daar is al baie boeke oor elkeen van die perspektiewe geskryf wat die sterk en swakpunte daarvan uitwys.  Die belangrikste ding om te onthou is dat die Here elk van hierdie perspektiewe gebruik om aan mense troos te bring.  Indien die leser ‘n aanhanger van een van die perspektiewe is en indien daardie perspektief aan u vrede gee, moet nie te veel aandag aan die ander gee nie.  Aanvaar die troos wat die Here daardeur bied.  Indien die perspektiewe wat aan u bekend is u egter nie tevrede stel nie, oorweeg gerus een van die ander.  ‘n Verstaanbare meer gedetailleerde opsomming oor die verskillende perspektiewe kan in Prof. Adrio König se boek “Wat is reg?  Weet iemand dalk?” hoofstuk 13 gevind word.  Vervolgens gaan drie hoofperspektiewe baie kortliks geïdentifiseer word:

  • Albeskikking – Dit behels die idee dat God vooraf besluit het wat alles op aarde sal gebeur.  Dit is ‘n baie ou verstaan van die probleem en is reeds onder andere deur Calvyn ondersteun en word vandag nog in die uitsprake van baie hedendaagse mense gehoor.  Mense sal byvoorbeeld sê: “jou dag is jou dag.”, of “jou strepie is vir jou getrek” of “alles gebeur met ‘n doel”.
  • Toelating – Dit is die tweede perspektief wat veral deur die vroeë kerkvader Armenius ondersteun is.  Volgens hierdie perspektief beskik God die goeie dinge, maar laat die slegte dinge toe.  Die slegte word veroorsaak deur die vrye wil, besluite van mense en die bose.  Ook hierdie perspektief figureer sterk in die denke van moderne mense.
  • Stryd en oorwinning – Die laaste siening is deur Irenaeus aangevoer.  Hierdie siening omskryf die verlossingswerk van Christus as deel van die stryd teen die bose.  Die mens leef te midde van hierdie stryd tussen God en die bose.  God se oorwinning is volgens die Bybel ‘n absolute sekerheid, maar die stryd woed steeds voort.  Boosheid en swaarkry is die gevolge van die stryd waarin die heelal gewikkel is.  Dit sluit al die bogenoemde oorsake van swaarkry in.

Terwyl die mens hom besig hou met die teoretiese oordenking van die probleem van swaarkry, is daar baie mense wat direk hierdeur geraak word.  In hul harte is daar dikwels ‘n verwytende gevoel teenoor God.  Hoe kan hy dit toelaat?  Sit hy terug, met alle respek gesê, en laat my nou maar swaarkry?  Wat is God se antwoord op hierdie ernstige vraagstuk?

5. God se antwoord op swaarkry…

Soos hierbo gesien kan word, is baie van die vrae oor swaarkry persoonlik aan God gerig.  Hoekom laat hy dit toe?  Hoekom gryp hy nie in nie?  Baie mense beskuldig God van afwesigheid of ten minste stilte as dit by ‘n antwoord op hierdie ernstige vrae van die mensdom kom.

Is dit waar dat God stil of afwesig is?  Alhoewel God nie elke vraag persoonlik kom beantwoord nie, is daar tog oorweldigende getuienis dat hy die mensdom se vrae ernstig opneem, dat hy dit reeds beantwoord het en steeds beantwoord.  Die eerste leidraad wat ‘n aanduiding gee van God se antwoord is die belofte in Genesis dat daar iemand uit die nageslag van Eva sou wees wat die slang se kop sou kom vermorsel.  Hierdie oorspronklike belofte word regdeur die Ou Testament opgevolg met ander beloftes dat die verlosser van die mensdom sou kom, hy is die Een wat die mens se verhouding met God kom herstel.

5.1. God se antwoord in Christus

God se primêre antwoord op die pyn, swaarkry en dood wat die mens teister is geleë in sy eie Seun.  Hy los die mens nie aan sy eie lot oor nie, maar stuur vir Jesus om verlossing te bring.  Hy betree die stukkende menslike bestaan vol seerkry en pyn.  In sy koms is hy volkome God en ook volkome mens.  Jesus se rol as God se primêre antwoord op swaarkry word soos volg deur verskeie Christen skrywers opgesom:

No one is exempt from tragedy or disappointment – God himself was not exempt.  Jesus offered no immunity, no way out of the unfairness, but rather a way through it to the other side… Gods’ only excuse is Easter! Philip Yancey

No intellectual answer will solve suffering.  Perhaps this is why God sent his own Son as one response to human pain, to experience it and absorb it into himself.  The Incarnation did not “solve” human suffering, but at least it was an active and personal response. Philip Yancey

It is the Answerer.  It’s Jesus himself.  It’s not a bunch of words, it’s the Word.  Its not a tightly woven philosophical argument; it’s a person.  The Person.  The answer to suffering cannot just be an abstract idea, because it isn’t an abstract issue; it’s a personal issue.  It requires a personal response.  The answer must be someone, not just something, because the issue involves someone. Peter Kreeft

Sometimes its hard not to say, “God forgive God.”  Sometimes its hard to say so much.  But if our faith is true, He didn’t.  He crucified Him. C.S. Lewis

Die volgende aanhaling van C.S. Lewis bevat syoordenking van die algemene menslike behoefte om ander mense se pyn en swaarkry te help dra:

If one could bear it, or the worst of it, instead of her”…  But is it ever allowed?  It was allowed to One, we are told, and I find I can now believe again, that He has done vicariously whatever can be done.  He replies to our babble, “You cannot and you dare not.  I could and dared.”

God se antwoord is meer as persoonlik, dis ‘n persoon.  Jesus word mens, leef as ‘n mens en hang onskuldig en bebloed aan die kruis om sodoende die mens se verhouding met God te herstel.  Hy begin die herstelproses van die hele skepping deur sy koms en volbring dit deur sy dood en opstanding.  Op die Sondag-oggend is die graf leeg, Jesus het opgestaan!  Die implikasie daarvan is aardskuddend, die belofte is vervul.  Die slang se kop is vermorsel die ou vyand, die dood, is oorwin!

Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.  Dood waar is jou oorwinning?  Dood waar is jou angel? I Kor 15:54b-55

In Christus bewys God dat hy nie afsydig teenoor die mens se lyding staan nie.  Hy kom deur sy eie Seun aarde toe en deel persoonlik in die mens se swaarkry.  Jesus verteenwoordig nie net God se antwoord op menslike lyding deur sy menswording nie, selfs na sy Hemelvaart verteenwoordig hy die mens by God die Vader.  Hierdie rol van Jesus word in die Bybel uitgebeeld as die van Hoëpriester.

Die Hoëpriester wat ons het, is nie een wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Hebreërs 4:15

Die taak van Israel se hoëpriesters was om die offer van die volk ter vergifnis van hul sonde voor God te bring.  Hy het namens die hele volk een keer per jaar in die allerheiligste ingaan om vir die hele volk by God te kon intree.  In Jesus het die mens ‘n sondelose Hoëpriester wat vir hulle by die Vader intree.  Hy het ook self as volkome mens alle versoekings waaraan die mens blootgestel is geken.  Hy gee die hoop van sy wederkoms en die ewige lewe waar al die trane deur hom afgedroog sal word, waar alle swaarkry sal eindig.  Dit is die finale herstel van die verhouding wat in Genesis verbreek is.  Alhoewel die herstelproses reeds nou begin, sal die gevolge van daardie sonde eers met die wederkoms heeltemal herstel word.

Wanneer Jesus opvaar na die hemel toe, los hy nie die mensdom as wees agter nie.  Hy gee sy Woord; hy gee die Heilige Gees wat in die mens woon en hom versterk; hy gee medegelowiges wat saam met mense lei en saam met hulle treur en wat vir hulle lief is; hy gee die beloftes dat hy almagtig is, dat hy alles ten goede sal laat meewerk en dat hy weer sal kom.  Dit beteken God kan ‘n vloek in ‘n seën verander en hy doen dit ook.  Jesus Christus is dus God se primêre antwoord op die mens se vraag oor swaarkry en pyn.  Hy betree die mens wêreld en so doende ook die mens se lyding.

5.2. Gelowiges as deel van God se antwoord

Die vraag ontstaan of God die mens los met ‘n antwoord wat 2000 jaar oud is?  Die antwoord op die vraag is “nee”.  God gee die Heilige Gees wat in sy volgelinge woon en werk.  Die kerk bestaan uit Geesvervulde volgelinge van Christus wat die vermoë het om sy genesing te bedien.  Die Bybel beskryf die kerk meermale as die liggaam van Christus, Jesus se hande en voete in die wêreld.  In hierdie rol as deel van Christus se liggaam word die gelowige die tweede deel van God se praktiese antwoord op swaarkry.

Gelowiges se aandeel aan die antwoord op swaarkry lê op twee vlakke.  Eerstens deur die manier waarop elke gelowige swaarkry in sy eie lewe hanteer en tweedens deur die liefde wat betoon word aan mense wat besig is om te ly.

Job is ‘n illustrasie van ‘n godvresende man wat met swaarkry bokant begrip gekonfronteer was.  Hy het gewonder wat die rede vir sy swaarkry is?  Die boodskap van Job kan ontsluit word deur op te let na die eerste en laaste dele van die boek waar die Satan voor God verskyn en sê dat Job die Here dien omrede dit so goed gaan met hom.  Die Here gee dan aan die Satan die reg om alles van Job weg te neem maar verbied hom om Job se lewe te neem.  Hierna speel die hele verhaal af.  Uiteindelik is Job se hantering (nie sy verstaan nie) van sy swaarkry die hoofgetuienis wat God gebruik in sy antwoord op die Satan se vraag.  God wil gelowiges gebruik om vir die wêreld te wys dat sy antwoord vir swaarkry in hul lewens ‘n realiteit word.

God is not on trial in this book.  Job is on trail.  The point of the book is not suffering: where is God when it hurts?  The Prologue dealt with that issue.  The point is faith:  Where is Job when it hurts?  How is he responding?  To understand the book of Job, I must begin there. Philip Yancey

Dit beteken nie dat gelowiges braaf hoef te wees en nie te wys hulle kry swaar nie.  Soos Job mag hulle huil, kla, vrae vra en as geloofwaardige mense reageer op hul swaarkry. Die punt is dat die Here wil hê dat hulle deur dit alles ‘n voorbeeld sal wees van mense wat ten spyte van die leiding en die onverstaanbaarheid daarvan steeds op God vertrou.

Die tweede manier waarop gelowiges deel is van God se antwoord op swaarkry en pyn is deur die manier waarop hulle optree teenoor mense wat besig is om swaar te kry.  Die gelowige moet ook in hierdie opsig Jesus se hande en voete wees.  Die idee is nie om antwoorde te gee nie, maar om die mense se pyn in die naam van Christus te betree en saam met hulle te treur.  Daar sal vervolgens in meer detail verwys word na hoe gelowiges behoort op te tree teenoor mense wat besig is om te ly.

My friend Richard had asked , “where is God? Show me.  I want to see him.”  Surely at least part of the answer to his question is this: If you want to see God, then look at the people who belong to him – they are his “bodies.” They are the body of Christ…  Richard probably will never hear a voice from a whirlwind that drowns out all questions.  He will likely never get a personal glimpse of God in this life.  He will only see me. Philip Yancey

6. Antwoorde? (Christene se reaksie tenoor mense wat ly)

Gelowiges het nie ‘n goeie reputasie oor hul hantering van mense wat besig is om swaar te kry nie.  Christene gee dikwels maklik “antwoorde” aan mense in tye van hul diepste nood.  Die antwoorde is dikwels in die vorm van goed bedoelde mooi clichés, teksverse, boeke of preke.  Maak nie saak hoe goed die antwoorde bedoel word nie, dit voel dikwels na “goedkoop” antwoorde vir die mense wat dit aanhoor.  Dit doen dan ook dikwels baie meer skade as goed aan die gemoed van die persoon wat besig is om te ly.

Een van die hoofredes waarom Christene verplig voel om antwoorde te probeer gee is gewortel in ‘n vals verwagting wat hulle koester.  Gelowiges voel magteloos wanneer hulle met swaarkry (soms skynbaar totaal sinnelose swaarkry) gekonfronteer word.  Dit is asof hulle dink dat hulle as Christene al die antwoorde behoort te hê, maar nie het nie. Die gevolg hiervan is dat hulle gemotiveer word deur hierdie gevoel van onvermoë en daaruit probeer antwoorde gee.  Die waarheid is: Niemand is veronderstel om al die antwoorde te hê nie.  Dit is ook nie waar dat alle swaarkry noodwendig nou, of op enige tydstip in die mens se aardse bestaan, op ‘n logiese manier sal sin maak nie.  Swaarkry is soms, uit ‘n menslike perspektief, totaal sinneloos.  Antwoorde vir mense wat swaar tye beleef kan en mag nie gebou word op die vermoë om sin te maak uit die swaarkry of om dit te verstaan nie.

Iemand wat jou klere van jou afvat op ‘n koue dag, of asyn op bytsoda, so is iemand wat vir jou liedjies sing terwyl jy treurig voel. Spreuke 25:20

Hoewel dit nie in beginsel verkeerd of skadelik is nie, is daar is nie ‘n oproep of opdrag in die Bybel om verbale antwoorde te gee aan mense wat besig is om swaar te kry nie.  Die diepste behoefte van mense in tye van intense swaarkry is gewoonlik nie aan “antwoorde” nie, maar aan die belewenis dat iemand anders vir hulle omgee. Dit is baie moontlik dat daar uit hierdie omgee verhouding die geleentheid kan groei om antwoorde ook te gee.  Die geloofwaardigheid van die antwoorde wat dan gegee word sal baie hoog wees, omdat dit deur ‘n praktiese ervaring van liefde onderlê is.

Elke mens wat pyn beleef reageer op ‘n unieke en individuele manier.  Party vra onophoudelik vrae, ander praat die hele tyd hul harte uit en nog ander uiter nie ‘n woord nie. Wat staan die luisteraar te doen? ‘n Goeie voorstel is om na die woorde te luister, indien daar enige woorde is, en die onderliggende emosie raak te sien.  In effek beteken dit om nie geskok te wees of te lyk oor die woorde wat gesê word nie.  Sien die persoon met sy seer agter die woorde raak en wees lief vir hom.

Die Bybel gee ‘n duidelike opdrag oor hoe daar teenoor mense in hierdie situasie opgetree moet word.  Die verwagte optrede word effektief deur Jesus geïllustreer: Hy kom by Lasarus se graf aan en sien Lasarus se susters en vriende huil oor die dood van ‘n man vir wie hulle lief was.  Wat doen Jesus?  Gee hy hulle raad, troos hy hulle met mooi woorde?  Nee, die Bybel rapporteer die volgende:

Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het ook huil, het sy gemoed vol geskiet en hy was aangedaan… Jesus het gehuil… Jesus se gemoed het weer vol geskiet toe hy by die graf kom. (Snitte uit Johannes 11: 33 – 38)

Jesus se spontane reaksie bevat die essensie van wat elke Christen se reaksie behoort te wees.  Hy het toegelaat dat sy hart breek en hy het saam met die hartseer mense getreur en gehuil.

Paulus borduur op hierdie tema voort as hy aan die gelowiges in Rome voorskrifte gee oor die Christelike lewenswandel.  Hy sê nie dat Christene mekaar moet raad gee as daar mense is wat treur nie, hy stel nie voor dat daar in die eerste plek vir hulle teksverse aangehaal moet word of boeke gelees of gegee moet word nie.  Sy opdrag aan gelowiges is baie meer eenvoudig as dit.  Hy sê:

…treur saam met die wat treur Romeine 12:15b

Dit is die roeping van Christene om te treur saam met die wat treur.  Mense wat swaarkry word dikwels deur ander vermy.  Dit is vir geen mens maklik om iemand wat werklike pyn beleef in die oë te kyk nie, want in so situasie voel mens dikwels onbeholpe en woorde bly ontwykend.  Die antwoord en opdrag vanuit die Bybel maak dit egter duidelik dat woorde en antwoorde nie die hoofbestanddeel van die Christen se reaksie behoort te wees nie.

Mense wat swaarkry het nie antwoorde nodig nie, hulle het liefde nodig.  Die Bybelse opdrag is dat Christene as Jesus se voete en hande in die stukkende wêreld moet optree.  Dit is baie belangrik dat Christene egte mense sal wees wat erken dat hulle self ook die wonde dra wat eie is aan die menslike bestaan.  Christene kan ook nie alles wat gebeur verstaan of verklaar nie.  Die verskil tussen Christene en ander mense is dat hulle mense is wat Jesus se liefde as realiteit ken.  Hulle het die vermoë en die plig om hierdie liefde met ander mense te deel, veral in tye van swaarkry.

James Dobson, een van Amerika se bekendste familie-raadgewers, het die volgende oor die praktiese belewenis van swaarkry te sê:

In fact, the majority of us will someday feel a similar alienation from God. Why?  Because those who live long enough will eventually be confronted by happenings they will not understand.  This is the human condition.  Let me say it again:  It is an incorrect view of scripture to say that we will always comprehend what God is doing and how our suffering and disappointment fit into His plan.  Sooner or later, most of us will come to a point where it appears that God has lost control – or interest – in the affairs of people.  It is only an illusion, but one with dangerous implications for spiritual and mental health.

Peter Kreeft gee die volgende advies oor die hantering van iemand in pyn:

So the first thing we need to do with this woman is to listen to her.  To be aware of her.  To see her pain.  To feel her pain.  We live in a relative bubble of comfort, and we look at pain as an observer, as a philosophical puzzle or theological problem.  That’s the wrong way to look at pain.  The thing to do with pain is to enter it, be one with her, then to learn something from it.

Philip Yancey maak die volgende opmerking oor Jesus se swaarkry:

And if I ever wonder about the appropriate “spiritual” response to pain and suffering, I can note how Jesus responded to his own: with fear and trembling, with loud cries and with tears.

Die konteks van die volgende twee aanhalings is belangrik.  Beide kom uit ‘n boek deur C.S. Lewis.  Lewis het deur sy lewe ‘n prominente rol as Christen apologeet in Engeland gespeel.  Hy het verskeie werke die lig laat sien wat in die 1940s ‘n boek met die titel “The Problem of Pain” ingesluit het.  Hierdie boek is ‘n briljante apologetiese antwoord op die teoretiese vraag oor swaarkry.

In die 1950s ontmoet Lewis sy aanstaande vrou Joy Davidman.  Na hul huwelik en intense verhouding, sterf sy in 1960 aan kanker. (Die gebeure rondom Joy se dood word in die film “Shadowlands” uitgebeeld.)  Na Joy se dood word Lewis gekonfronteer met ‘n baie intense persoonlike belewenis van emosionele pyn.  Tydens die eerste paar weke na haar dood, skryf Lewis sy gedagtes tydens die treurproses in ‘n paar ou eksamenskrifte neer.  Hierdie persoonlike en intieme gedagtes word later in boekvorm met die titel “A Grief Observed” uitgegee.  In “A Grief Observed” vra Lewis die lewensvrae oor God en geloof wat slegs deur iemand wat werklike swaarkry beleef gevra kan word.  Die belewenisperspektief in “A Grief Observed” weerspreek in geen opsig die teoretiese uiteensetting wat in “The problem of pain” gevind kan word nie.  Die toonaard van “A Grief Observed” is wel heeltemal anders as dit wat in “The problem of pain” aangetref word.  Dit wys duidelik dat selfs iemand wat die teorie oor die Christelike perspektief op swaarkry baie goed ken en verstaan, nie noodwendig die sin in ‘n persoonlike belewenis van swaarkry kan sien nie.  Lewis sterf uiteindelik as diep gelowige man, maar selfs hy kon nie die vishoek in sy hart ontkom nie.

Hier volg twee kort aanhalings uit “A Grief Observed” wat die belewenis dilemma van iemand wat swaarkry goed illustreer:

Talk to me about the truth of religion and I’ll listen gladly.  Talk to me about the duty of religion and I’ll listen submissively.  But don’t come talking to me about the consolation of religion or I shall suspect that you don’t understand.

Aren’t all these notes the senseless writhings of a man who won’t accept the fact that there is nothing we can do with suffering except to suffer it?  Who still thinks there is some device (if only he could find it) which will make pain not to be pain.  It doesn’t really matter whether you grip the arms of the dentist’s chair or let your hands lie in your lap.  The drill drills on.

Dit is die Christen se roeping om vir die persoon wat swaarkry te wys dat iemand werklik omgee.  Die intense emosionele pyn wat eie is aan werklike swaarkry verdof gewoonlik met die verloop van tyd tot leefbare vlakke.  Mense wat deur ‘n intense lydingservaring gegaan het of wat toeskouers van so ervaring was, word dikwels op die langtermyn met ernstige vrae in hul eie gemoedere gekonfronteer.  Die vrae wat uit menslike belewenis van pyn voortvloei (veral oor God en geloof) kan gewoonlik nie net met liefde toegegooi word nie.  Sulke eerlike vrae verdien eerlike en leefbare antwoorde vanuit die Christelike gemeenskap.  Hierdie antwoorde behoort te berus op die teologiese onderbou soos vroeër in hierdie studiestuk uiteengesit.

7. Nog ‘n paar perspektiewe op swaarkry

Soos reeds aangedui bly die menslike perspektief op die probleem van swaarkry ‘n onoplosbare vraagstuk.  Daar is al verskeie boeke oor die onderwerp geskryf en vervolgens sal daar na ‘n paar beginsels verwys word oor die vraag van swaarkry wat in van hierdie boeke gevind kan word.

In die eerste plek is dit belangrik om raak te sien dat vrae oor God se skynbare onregverdigheid en afwesigheid gewoonlik baie persoonlike vrae is.  Daar word in effek gevra; hoekom is God onregverdig teenoor MY, nie hoekom daar onregverdigheid in die wêreld is nie?  Hoekom gebeur dit met MY, eerder as hoekom gebeur dit?

Ander mense beweer dat dit lyk asof God afwesig is in die geskiedenis.  Hy maak nie ‘n einde aan die swaarkry nie, hy laat dit toe. Hoekom hou God terug met ‘n finale oplossing? Hoekom gryp hy nie onmiddellik in nie?  Hoekom laat hy die mens so sukkel en ploeter in swaarkry?  Hy hou terug om die mens se ontwil.  Finale herstel beteken ‘n einde aan die gebroke werklikheid waarin mense vandag leef, maar dit behels ook die finale oordeel en laat geen tyd oor vir mense om hulself te bekeer nie.  Herskepping en herstel wat die finale oordeel voorafgaan betrek Christene direk.  Gelowige mense en hul betrokkenheid in die wêreld is in Jesus Christus die kern van God se herskeppingsplan van hierdie stukkende wêreld.

Die mens is geneig om God met die normale gang van die lewe te verwar.  Daar word verwag dat die lewe regverdig moet wees, omdat God regverdig is.  God is egter nie sinoniem met die lewe nie.  God se liefde vir die mens hang nie van omstandighede af nie.  Dit word juis dikwels meer intens ervaar in tye van swaarkry.

Die Here verduidelik dikwels nie sy optrede aan die mens nie.  Om die waarheid te sê verduidelik hy in meeste gevalle nie sy optrede aan die mens nie.  Indien die Here besluit om nie sy motivering aan die mens bekend te maak nie, is en bly sy besluite en motivering buite die mens se verstandelike begripsvermoë.  Die mens kan slegs tot ‘n beperkte mate die gedagtes van God insien.  God is nie verantwoordbaar aan die mens oor sy optrede nie, hy sal nie toelaat dat hy gekruisvra word nie.  Nêrens in die Bybel is God op die verdediging nie, nêrens soek hy goedkeuring vir sy aksies by die mens nie.  God sê “VERTROU MY”, nie omdat die mens verstaan nie, maar omdat God, God is.  Die mens se vertroue sal dikwels moet wees ten spyte van die getuienis wat waargeneem kan word.

C.S. Lewis het die volgende reaksie van God ervaar in die swaarste tyd van sy lewe:

When I lay these questions before God I get no answer.  But a rather special sort of “no answer.”  It is not the locked door.  It is more like a silent, certainly not uncompassionate, gaze.  As though He shook His head not in refusal but waiving the question.  Like, “Peace, child; you don’t understand.”

8. God se interaksie met die gelowige in tye van swaarkry

Dit is belangrik dat gelowiges die moontlike belewenis en implikasies van lyding in hul eie lewens oordink voordat dit gebeur.  Dit sal help om te verseker die mens se ingesteldheid is reg wanneer werklike lyding sy pad kruis.  James Dobson stel die volgende vier beginsels waarvolgens die mens God se interaksie met hom in tye van swaarkry kan beoordeel:

  • God is teenwoordig en betrokke in elke mens se lewe al lyk dit of hy doof of op langverlof is – God belowe in die Bybel dat hy intensief betrokke is in die gelowige se lewe.  Daar is altyd antwoorde op vrae oor swaarkry by God.  Die gelowige moet nie staatmaak om hierdie antwoorde te ken of te kan verstaan nie.  Dit is ‘n fout om God se skynbare stilte as teken van afsydigheid te beleef.
  • God se tydsberekening is perfek al lyk dit asof hy katastrofies laat is – Jesus se aankoms by Lasarus se graf is ‘n goeie voorbeeld hiervan.  Hy is skynbaar te laat want Lasarus is dood.  Dit blyk egter nie waar te wees nie, Jesus se tydsberekening was presies reg.
  • Al is dit bokant die mens se vermoë om te verstaan is hy ongelooflik waardevol in die oë van die Here – Die almagtige Skepper en Onderhouer van die hemel en die aarde is lief vir die mens en stel intens belang in die detail van sy lewe.  Dit maak nie sin dat hy die mens lief sou hê of in sy daaglikse bestaan sou belangstel nie, maar die God wat in die Bybel leer ken word, het wel hierdie eienskappe.
  • Jou arms is te kort om met God te boks, moenie eers probeer nie – Die mens se verstand is nie naastenby opgewasse vir die taak om met die Skepper God te argumenteer nie.  Die mens se beeld van God is te klein, hy is bokant die begrip van die menslike verstand.  Geen mens kan hom ooit uitoorlê nie.

Dit is moontlik dat God swaarkry in die lewe van die gelowige kan gebruik.

Soos daar reeds in die studiestuk aangedui is, kan God selfs skynbaar sinnelose lyding gebruik om vir mense tot seën te wees. John Blanchard identifiseer die volgende maniere waarop God swaarkry in die lewe van die gelowige gebruik om positiewe resultate te bewerk:

  • Deur die swaarkry ontwikkel die gelowige dikwels vertroue in God se oorkoepelende wysheid.  Hy maak nooit foute nie en is nooit laat nie, al lyk dit so.
  • Die swaarkry vorm dikwels ‘n fokuspunt vir die gelowige se geloof.
  • Swaarkry is produktief vir die gees van die mens.  In tye van swaarkry word die onbelangrike dinge vergeet en die mens spandeer tyd aan en doen moeite met sy geestelike behoeftes.
  • Die Bybel praat van die waarde van God se dissipline vir die mens.
  • Swaarkry herinner die mens aan sy fisieke broosheid en sy afhanklikheid van God.
  • Swaarkry help die mens om die ewigheidsperspektief beter te verstaan in teenstelling met sy kort aardse bestaan.

9. Slotgedagtes

Die probleem van lyding bly vir alle mense deel van die “dowwe spieël” waarin die mens kyk om die wêreld te probeer verstaan.  Die Christelike perspektief is die enigste een wat die mens kan help om sinvol aan te gaan met sy lewe ten spyte van swaarkry en lyding.  Dit is nie net waar vir die persoon wat besig is om te ly nie, maar ook vir die persoon wat eerlike vrae oor lyding en die bestaan van God het.  Dit is nie net waar vir die gelowige nie, maar ook vir die ongelowige wat God se genade deur die hande van sy volgelinge kan beleef.  Mag die Here genade gee in donker tye.  Laat elke gelowige vashou aan die beloftes wat God gee en wat deur Jesus gewaarborg is.

Hierdie artikel is hoofsaaklik uit die volgende bronne opgestel

  • Holding on to Your Faith – Even when God doesn’t make sense – James Dobson
  • The Problem of Pain – CS Lewis
  • A Grief Observed – CS Lewis
  • Disappointment with God – Philip Yancey
  • Does God Believe in Atheists – John Blanchard
  • God: Waarom Lyk die Wêreld So? – Adrio König
  • Wat is Reg?  Weet Iemand Dalk? – Adrio König
  • Why Does God Allow Suffering? – Alister McGrath

Sien ook:

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*


*

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.