
(Sien heel onder vir die ander gedeeltes in hierdie gesprek)
Beste Udo
EK erken jy is te slim vir my. Jou argumente is soos die genade van God: Dit gaan bo alle menslike begrip uit ….
In die woorde van Desiderius Erasmus, die filosoof vind ek jou skryfsels bloot TOT LOF VAN SOTHEID.
Klink of jy ‘n fenomenologiese pedagogiekboek ingesluk het.
Al waarvan jou argumente my al sekerder maak is dat ‘n mens so ver as moontlik van godsdienstige geskrifte moet wegbly as moontlik en VERAL die DOGMAS wat daarop gebou is.
EN NOU BLY HIERDIE DRIE:
DIE ONGELOOF, DIE WANHOOP EN DIE LIEFDELOOSHEID.
MAAR DIE GROOTSTE HIERVAN IS DIE LIEFDELOOSHEID.
[Parodie op Paulus in 1 Korinthiërs 13]
Winkelsmidt
Hallo Winkelsmidt
Dit is uiters kortsigtig om dit wat jy nie verstaan nie (of dalk eerder nie wil verstaan nie) as sotheid af te maak.
En waarom heg jy die “Parodie op Paulus in 1 Korinthiërs 13” aan die einde van jou brief aan? Het jy nou besluit om my maar eerder te antagoniseer as om in gesprek tree?
As jy eendag kans sien vir ‘n volwasse gesprek en jou kan weerhou van neerhalende reaksies soos hierdie, dan is jy meer as welkom om weer vir my te skryf.
Ek is nie jou vyand nie, Winkelsmdit, en ek het ook nog nooit probeer om slim te lyk nie, maar weet dat ek jou nie gaan laat wegkom met swak redenasies en nog swakker eksegese nie.
Groete
Udo
- Deel 1: Julle fundamentalisme en dogma is onaanvaarbaar
- Deel 2: Udo se repliek
- Deel 3: Johan se repliek
- Deel 4: Roedolf se repliek
- Deel 5: Winkelsmidt se dupliek
- Deel 6: Wat was die punt van Adrio Konig se aanbieding?
- Deel 7: Die dogma word op kinders afgedwing
- Deel 8: Die Bybel moet eers geredigeer word
- Deel 9: Bevestig jou aansprake uit die Bybel, asseblief
- Deel 10: Mense is vir twee redes godsdienstig
- Deel 11: Jou skryfsels is lof tot sotheid
- Deel 12: Kom ons tel die drade op
- Deel 13: Moenie spesifieke paaie verabsoluteer nie
Leave a Reply